Tuis Stories
Boereraat vir hande met blase
Written by Administrator   
Saturday, 24 July 2010 07:45

Cornelius Johannes DU PLESSIS, seun van Willem Schalk DU PLESSIS en Barbara MEINTJES het vir die spoorweë in Van Reenen Pas gewerk en gehelp met die bou van die spoorlyn.

As 'n beginner moes hy baie harde hande-arbeid verrig wat ondermeer die gebruik van 'n swaar hamer behels het. Sy hande het deurgeloop en was byvoorbeeld aan die einde van die dag vol stukkende blase gewees. Die senior manne het gelag want hulle het dit ook deurgemaak en niks wat Cornelius probeer het, het werklik gehelp nie. Die manne het toe 'n boereraat aangebied wat Cornelius eers nie eintlik wou vertrou en gebruik nie. Die pyn en ongemak het hom egter gedwing om dit wel te probeer.

Die boereraat? Die senior manne het voorgestel dat Cornelius urine op sy hande smeer. Watter genesende elemente dit bevat is debateerbaar, maar al wou hy dit nie erken nie, Cornelius is oorreed en kon getuig van die sukses daarvan.

 

Last Updated on Saturday, 24 July 2010 08:11
 
Copyright © 2017 Familiebande. All Rights Reserved by the respective content owners.
 
Gebeure Dagboek

 

DVD Binnekort Beskikbaar

 

English Flag - Say what?
Say what?
The content on this site is unfortunately only available in Afrikaans at the moment but we are working on an English version.