Tuis Nuus
Familie nuus
Familie seënwense vir Kersfees
Written by Administrator   
Friday, 10 December 2010 17:13

 

As daar nie vrede in ons gesinne en families is nie... 
hoe sal daar ooit vrede in die wêreld wees?

 Kersfees2010

Maak Vrede met:
God,
Jouself
Jou Gesin
Jou Familie
Jou Vriende
Alle Mense.

Last Updated on Sunday, 20 February 2011 13:36
 
Geboortes - Augustus 2010
Written by Administrator   
Friday, 10 September 2010 10:00

Monique DU PLESSIS Aug 2010Monique Annabelle DU PLESSIS
Gebore op 12 Augustus 2010
'n Hartlike familie-welkom aan Monique Annabelle, dogter van Ewan en Geraldine DU PLESSIS, en baie geluk aan die trotse ouers en hul gesin.

Last Updated on Sunday, 20 February 2011 13:38
 
In die land van Aus
Written by Administrator   
Wednesday, 04 August 2010 11:13

Flag of AustraliaZhandré Du Plessis, en haar twee kinders Amandi en Marissa, het onlangs na Australië ge-immigreer.

Ons wens hulle alle voorspoed toe en gaan probeer om terugvoer van hullle te kry, en te deel oor hulle ervaringe daar.

Last Updated on Wednesday, 04 August 2010 11:30
 
Familiewapens onwettig en strafbaar.
Written by Administrator   
Sunday, 01 August 2010 12:47

Familiewapens is onwettig

Volgens 'n artikel in 2007 van die Wes-GautengTak van die Genealogiese Genootskap van Suid-Afrika bestaan daar nie regtig familiewapens wat families hul eie kan noem nie behalwe as dit so geregistreer is en 'n sertifikaat uitgereik is wat dit bevestig. 

Familiewapens word gewoonlik aan 'n individu toegeken en nie 'n hele familie nie, en is amper soos 'n nommerplaat - dus een motor, een nommerplaat, of te wel, een persoon - een wapen.

Volgens die artikel is Wetgewing hieroor duidelik: "Eiën vir jouself een toe en jy die loop die gevaar van ‘n boete van tot R1 000 of by gebrek aan betaling gevangenisstraf van nie meer nie as een jaar. Die boete is nie ‘n plaas se prys nie, maar dis ‘n kriminele oortreding. Voorts: koop ‘n afbeelding van jou kwansuise familiewapen by winkel of ‘n vlooimark en jy oortree eweneens die wet. Dis veral by vlooimarkte waar die mense met hul rekenaars sit. Hulle maak vinnig 'n drukstuk van jou kastige familiewapen met jou van se oorsprong en al."

http://westggsa.blogspot.com/2007/08/familiewapens-bestaan-nie-uit-en-gedaan.html

Last Updated on Sunday, 20 February 2011 13:36
 


Copyright © 2017 Familiebande. All Rights Reserved by the respective content owners.
 
Gebeure Dagboek

 

DVD Binnekort Beskikbaar

 

English Flag - Say what?
Say what?
The content on this site is unfortunately only available in Afrikaans at the moment but we are working on an English version.