Tuis In die Kollig
In die Kollig
In die Kollig - Edward Johannes LEONARD
Written by LJoubert   
Wednesday, 20 August 2008 10:11
LEONARD, Edward (Eduard) Johannes
Edward Johannes Leonard
   
Gebore: 20 Jun 1861
Oorlede: 10 Maart 1900 (39 jr 8 mnde 20 dae)
Eggenoot: Susanna Gertruida LABUSCHAGNE
Beroep: Veeboer






Edward word ernstig gewond op 28 Feb 1900 tydens die Slag van Platrand, op die laaste dag van die beleg van Ladysmith.
Hy sterf op die 10de Maart 1900 in die hospitaal op Newcastle.

Edward is die oupa van Maria Elizabeth Francina "Miemie" DU PLESSIS (Nee. LEONARD) en Susanna Gertruida "Sannatjie" SANDOW (Nee. LEONARD).

Sy oupa John Edward (Edward John), die stamvader in Suid-Afrika van hierdie spesifieke tak van die LEONARDS, arriveer in 1820 via Londonberry, Engeland en is volgens sy sterfkennis, van Limerick, Ierland afkomstig. John Edward trou op 5 November 1820 met Wilhelmina Hendrina KEMP in George.


Lees meer oor Edward...

 

LABUSCHAGNE, Susanna Gertruida
labuschagensusannagertruida
   
Gebore: 3 Sep 1860
Oorlede: 9 Sep 1929
Eggenoot: Edward Johannes LEONARD, asook Johannes Stefanus Cornelius BOTHA





In 1902 stel sy 'n eis vir oorlogkompensasie in. In haar eis noem sy dat sy op daardie stadium in die burger/konsentrasiekamp in Volksrust is.

Haar moeder Anna Elizabeth Magdalena Johanna HATTINGH is in 1902 in die Merebank Konsentrasiekamp oorlede.
Twee van haar broers is gevange geneem en na Bermuda gestuur.

Sy het klaarblyklik 'n groot vrees vir slange gehad en haar skoonseun, Daniel Stephanus Petrus COETZER (Stefaans), kon dalk 'n groot bydrae hierin gehad het.
Hy was blykbaar 'n slangbesweerder ("Snake charmer") en kon 'n slang hipnotiseer deur in sirkels om die slang te beweeg. Hy het dan die gehipnotiseerde/dronk slang opgetel en 'n ongelukkige slagoffer gevind te treiter, soos hy dan ook met Susanna gemaak het.

Lees meer oor Susanna...

Last Updated on Monday, 25 April 2011 16:41
 


Copyright © 2017 Familiebande. All Rights Reserved by the respective content owners.
 
Gebeure Dagboek

 

DVD Binnekort Beskikbaar

 

English Flag - Say what?
Say what?
The content on this site is unfortunately only available in Afrikaans at the moment but we are working on an English version.