| Notes |
- Otterfontein, wyk Schoonspruit, Potchefstroom. Welgelegen. Sendelingsfontein.
Deur Tobi Swart bereken volgens sterfouderdom wat ooreenkom met SAG 2.
(51.9.7)
Hy was 'n veeboer. Op sy sterfkennis (Onderteken deur G J Erasmus, seun en wettige erfgenaam, asook deur J Combrink, Veldkornet) word die volgende kinders as onmondig gelys:
• Abel Jakobus
• Abraham Christoffel Jakobus
• Jakobus Johannes
• Lourens Daniel Jakobus
• Petrus Johannes
NJJ Erasmus en LD Swanepoel teken as getuies op sy testament.
Verder som Tobi Swart die boedelstukke as volg op:
Inventaris:
Die egpaar se losse goed word opgeskryf op die plaas "Zendelingsfontein", dist Potchefstroom dd 9.4.1885
Certificaat geteken deur erfgename
Hierin meld hulle die erfporsie wat vir hulle ter sprake is, nl
¼ van "Zendelingfontein"
½ van "Welgelegen"
beide, Wyk Makwassie, dist Potchefstroom
Geteken: jongste seuns J J; P J en L D J Erasmus
Aktekantoor, skrywe aan ZAR Weesheer:
Die gehele plaats "Otterfontein" 202, Wyk Schoonspruit, dist Potchefstroom in die boedel van Abel Jacobus Erasmus is op 30.7.1888 getransporteer op name van sy seuns: Gabriel Jacobus, Willem Jacobus, Abel Jacobus en Abraham Christoffel Erasmus
Een onverdeelde een vierde gedeelte van "Boschpan" 409 in die boedel van Abel Jacobus Erasmus, is op 30.7.1888 getransporteer op naam van Johannes Lodewyk Janse van Vuuren [skoonseun]
Een vierde van dieselfde plaas in die boedel van Abel Jacobus Erasmus is op 30.7.1888 getransporteer op naam van Abraham Albertus CILLIERS x Johanna Catharina ERASMUS
Korrespondensie: dd 11.3.1890
'n Ander ¼ van "Boschpan" 409, is geregistreer in die naam van Nicolaas Johannes Jacobus ERASMUS [wat die band met oorlede Abel Jacobus Erasmus is, word nie gemeld nie - moontlik (nog) iemand wat nie in SAG opgeteken is nie en 'n broer van oorledene? ]
Hertrousertifikaat:
Deur die ZAR Weesheer uitegereik aan Maria Magdalena ERASMUS (* SMIT) op 11.3.1890.
|