| Notes |
- From "Kortryk". French fugitive. Arrived 1688 on board the ship "Schelde" with wife Cecilia d'Atis and four children. In 1692 the farm "De Zoete Inval" [The Sweet Falling In] was allocated to him.
He was a French Huguenot refugee who arrived in 1688 aboard the ship "Schelde," with his wif e and four children. In 1692 he was awarded the farm "De Zoete Inval," near Paarl. He came from Courtrai.
Ook gespel du Pré, van Kortryk volgens Pama II. Arriveer as Franse vlugteling op die skip "Schelde" met sy vrou en vier kinders. In 1692 is die plaas "De Zoete InvaL" aan hom toegeken.
Helgard du Preez:
Die van Du Preez is die Franse vorm van "van der Weyde" en beteken weiland (meadow). Dit kom voor as Des Pres, Desprets, Des Prez, Du Pre, Dupraz en Delprat. Ons stamvader het sy van Des Prez of Des Pres geskryf. Ab Emile Trelcat de Crispin meld in sy La Famille Despret (1512-1929) dat Du Preez gesinne vir meer as 4 eeue in die noorde van Frankryk gewoon het. Die van in een of ander vorm bestaan al vir minstens 900 tot 1000 jaar, sedert ongeveer 1050. In Kortrijk (Courtrai) in die huidige Belgie, vanwaar ons stamvader gekom het, het daar al in 1399 'n Henri Despres gewoon.
«b»HERCULES DES PREZ«/b», stamvader van die Du Preez's in Suid-Afrika was blykbaar 'n kleremaker. Tydens sy 2-jaar verblyf in Vlissingen, Seeland het hy en sy swaer, Nicolas D'Athis, in 1686 by die St.Jans gilde van kleremakers aangesluit. Die stammoeder, «b»CECILIA D'ATHIS«/b», het haar van op baie maniere gespel. Die van is blykbaar afkomstig van die herdershutte wat die More in Suid-Europa gebou het en wat "attegia" genoem is. Die naam is later aan klein dorpies gegee. Die van, D'Athis is redelik skaars in Frankryk, terwyl Du Preez volop is.
Hercules en Cecilia was albei afkomstig uit die landstreek tussen die Schelde en die Somme, die noord-westelike Franse streek Artois, 'n deel wat bekend was vir sy tekstielbedryf. Hercules (ca 1645 - 1695) en Cecilia (1650 - 1720) het van Kortrijk na Nederland gevlug en was in 1686 in Vlissingin, waar hulle lede van die Franstalige Waalse gemeente geword het. Daar is aanduidings dat hulle redelik goed Nederlands kon praat, maar hulle kerk, Bybel en kerkattestaat was Frans. Hulle huistaal moes dus Frans gewees het. Op 11 Februarie 1688 is 'n attestaat aan hulle uitgereik en dit is vandag nog in die Kaapse argief te sien. Hulle het in Februarie 1688 met hul 6 kinders uit Vlissingen in die mond van die Schelde vertrek op die skip "De Schelde". Agt dae na hul vertrek het die skip van ongeveer 46 meter lank, byna in 'n storm vergaan. By die Kaap Verdiese Eilande is voorrade ingeskeep. Vyf dae voor hul aankoms in die Kaap is die skip weer deur 'n hewige storm geteister. Op 5 Junie 1688 het hulle in Tafelbaai geland en die Du Preez gesin is in 1692 op die plaas Den Zoeten Inval in die Paarl (destyds Groot Drakenstein) gevestig. Die plaas is aan Hercules gegee op voorwaarde dat hy die wapad oor sy plaas en die drif in die Bergrivier moes in stand hou. Die drif was eeue lank bekend as Cecilia's Drift en is sekerlik na die stammoeder vernoem. Die plaas lê wes van die Bergrivier, net suid van die nasionale pad na Kaapstad vanaf Du Toitskloof. Wanneer hulle bome afgekap het moes hulle eikebome in hul plek aanplant en 'n tiende van hul graan aan die Kompanjie afstaan. Die plaas was 62 morg en 300vk roede groot. Dit was nog woeste onbewerkte wêreld. Die familie was brandarm aan die begin maar 1692 het hulle 6000 wingerdstokke en 400 skape gehad en ook 25 mud koring, 25 mud rog en 3 mud gars geoes. Sewe jaar na hul aankoms is Hercules oorlede. Hy het die plaas, 414 skape, 35 beeste en 1 perd nagelaat. Cecilia het toe 'n plaaskneg, Jan Harmse van Deventer gehuur teen 101/2 gulde per maand, plus tee en tabak. In 1700 is sy met Pierre Dumont getroud en hy is ook voor haar oorlede. Die Drakensteinse wynpag vir wyn en brandewyn het jare lank aan haar behoort. Cecilia is op 15 November 1720 oorlede, nadat sy reeds agterkleinkinders gehad het.
Die Du Preez's was goed bevriend met die Prevot's - wat saam met hulle op De Schelde gekom het- asook met die Du Toit's, Cordiers en Du Plessis's en het met hulle ondertrou, maar met die Hugo's en die De Savoyes het hulle nie klaargekom nie. Toe Cecilia in 1720 oorlede is, het sy 9 porselein koppies, 'n kis met koperbeslag, 2 gewere, distilleerketels en vate, 'n ossewa, 133 beeste en 272 skape gehad, asook 3 slawe, Antonie, Jan en Lijsbet.
Die oudste kind was Elisabeth (b1) wat op 31 Augustus 1670 in die St.Maartenskerk in Kortrijk gedoop is, met Charl Leurdan en Louise Pittens as getuies. Sy is op 25 Julie 1688 met Pieter Jansz van Marseveen, 'n Hollander, getroud. Hulle het 3 kinders gehad, maar net die een dogter, Cecilia wat met [b1] Charl Prieur du Plessis getroud is, het kinders gehad.
Hercules [b2] is in 1672 gebore en is in 1696 met Marie le Febre (wed.Prevot, wed.Eckhoff, wed. De Peronne), d/v David le Febre en Elisabeth le Bleu getroud. Hulle het een seun, Hercules gehad. In 1702 is hy met Cornelia Villion getroud en hulle het 'n dogter Cecilia gehad. Hercules het op die plaas Watervliet tussen Paarl en Franschhoek gebly. In 1700 het Hercules 23 mud koring geoes asook 30 mud rog en 15 mud gars. Hy was baie aktief in die sosiale, politieke en kerk lewe en is as heemraad en kaptein van die burgerwag gekies. Hy was goed bevriend met Adam Tas en Henning HuisingWeens sy teenstand teen W.A. vd Stel is hy en nege ander burgers (Adam Tas, Francois & Guillaume du Toit, Willem van Zyl, Cornelis van Niekerk, Martin van Staden, Jacobus van Brakel en Jan & Nicolaas Elberts) in 1706 sonder verhoor deur die Raad van Justisie skuldig bevind en vir 5 jaar na Mauritius verban. Op 18 September 1706 het 'n klomp burgers by die huis van Hans Contermann saamgetrek en na landdros Starrenburg marsjeer. Op 4 Februarie 1707 is Hercules en Jacobus van Brakel gearresteer en 'n maand later ook Guillaume du Toit, maar geen vervoer was beskikbaar nie en hy en van Brakel is 9 maande in 'n ou onseewaardige skip, die 't Huis ter Aa, in Tafelbaai aangehou en vrygelaat toe vd Stel van sy pos onthef is. Hierdie gesamentlike verset het die bande tussen Franse en Hollanders versterk. Hercules is op 9 Mei 1721 oorlede.
Marie-Jeanne [b3] is in 1675 in Bethune gebore. Sy is in 1697 met Jacques Therond van Nimes, Languedoc, Frankryk getroud en was dus die stam-moeder van al die Therons in SA. Hulle het 5 seuns en 2 dogters gehad en sy het gediggies oor elk van har kinders geskryf wat bewaar gebly het. Na 'n huwelik van byna 43 jaar is sy in 1763 op 88 jaar oorlede.
Francois-Jean [b4] is op 4 April 1677 in die St.Maartenskerk in Kortrijk gedoop, met Francois Loridon en Jeanne van Neste as getuies. Hy is in 1705 met Marie Cordier, d/v Louis Cordier en Francoise Martinet, getroud. In 1707 het hulle op die plaas Hexenberg, net noord van die huidige Wellington gewoon. Teen 1712 was hulle op Langfontein aan die Breërivier en dus van die eerste inwoners van die Land van Waveren. Hulle het 2 seuns gehad en van hul nasate was onder die voorste Voortrekkers en van die eerste inwoners van Pretoria en die verre Noord Transvaal. Francois-Jean se oudste seun, Hercules [b4c1] was getroud met Martha des Prez [b6c3], dogter van sy oom Philippe. Hulle het 4 dogters gehad en sy is in 1730 oorlede. Daarna het hy egter 'n buite-egtelike seun, Andries, by Dorothea Maria Becker gehad. Sy was die dogter van Pieter Becker en Jeanne de Klerk en sy het ook 'n kind van Gerhardus Oosthuysen gehad en 6 van Dirk Marx, maar was nie met een van hulle getroud nie. Die seun Andries is met Hester Ferreira [b5], d/v Ignatius Leopold Ferreira en Martha Terblanche, getroud en van hulle afstammelinge is die Ooskaapse Ignatius Petrusse en Andries Stephanusse.
Jacquemine [b5] is in 1679 in Lille gebore en is met Abraham Vivier van Normandie getroud en is die stammoeder van al die Viviers in SA. Sy is in 1715 op 35 oorlede - haar man en sy 2 ongetroude broers was toe al oorlede. Sy het 5 dogters en 4 seuns gehad en na haar dood het haar suster Marie-Jeanne na haar kinders omgesien. Een dogter, Elisabeth het in 1716 'n buite-egtelike dogtertjie van Charl du Plessis (haar niggie Cecilia se man) gehad en die kind is deur die du Plessis's grootgemaak.
Philippe [b6] is in 1681 in Artois gebore en is getroud met Elisabeth Prevot * 1683, Marq, Calais, d/v Charles Prevot en Marie le Febre). Hulle het 12 kinders gehad en het gewoon op Klipvallei in die Wagenmakersvallei, later op Artois en De Hoop in die Land van Waveren. Hy was 'n vaandrig. Hy is op 21 Mei 1721 oorlede en sy op 18 Januarie 1750.
Hercule du PRE/des PRES (vandag bekend as du PREEZ), gebore 1645, van Cortryk (Courtrai) was 'n Franse Hugenoot wat in 1688 met sy vrou Cecilia D'ATIS na SA gekom het op die Schelde vanaf Vlissingen in Nederland. In 1690 het hy finansiele hulp vir homself en 5 kinders ontvang. Hy het homself in 1692 gevestig te De Zoete Inval, Paarl, en is omstreeks 1695 oorlede, en het 3 seuns en 3 dogters nagelaat.
1. Phillipe * 1681 Courtrai x Elizabeth Prevot, landbouer, gevestig te Klipvallei, Wamakersvallei en De Hoop en Artois (1714), Tulbach. Hy het 'n groot gesin gehad.
2. Hercule * Courtrai 1672, was lid van die kollege van landdros en heemrade van Stellenbosch en kaptein van die burger-kavallerie. Gevestig te De Zoete Inval, Paarl. x Marie le Febre xx Cornelia Villion (Viljoen) + 9/5/1721
3. Jacquemina x Abraham Vivier
4. Maria Johanna x Jacques Theron
5. Elizabeth x 25/7/1688 Pieter Jansz van Marsevene
6. Francois x Maria Cordier, boer op Hexenberg, Wagenmakersvallei.
Verwysings:
De Villiers/Pama
Heese/Lombard
Verwysingsmateriaal, Boksburg biblioteek
Verwysingsmateriaal, Springs LDS FHC biblioteek
Saamgestel deur:
Martina Louw (nee van Breda)
Kennethl@xtra.co.nz
Hercule and Cecile arrived at the Cape in 1688 on the ship named "De Schelde" with their 5 children. They had one other child that was born in South Africa. They settled on their farm called "De Zoete Inval" at Paarl in the Western Province of the Cape.This land was granted to them in 1692.
Hercule and Cecile arrived at the Cape in 1688 on the ship named "De Schelde" with their 5 children. They had one other child that was born in South Africa. They settled on their farm called "De Zoete Inval" at Paarl in the Western Province of the Cape.This land was granted to them in 1692.
Hercule was the progenitor (stamvader) of the Du Preez family in South Africa. He was a French Huguenot refugee from Courtrai (Flanders).
He arrived in the Cape in 1688 on the ship "De Schelde," which left for the Cape on 19 Feb 1688 and was anchored in Table Bay on 5 June 1688. He was accompanied on the voyage by his wife, Cecilia, and their 6 children from Vlissingen, Netherlands.
He was a tailor. In 1690 he received financial assistance for his wife and 5 children.
The farm "De Zoete Inval," near Paarl (now Paarl Station), was granted to him by Simon van der Stel in 1688. He later died on this farm in 1695.
Hercule and Cecile arrived at the Cape in 1688 on the ship named "De
Schelde" with their 5 children. They had one other child that was born
in South Africa. They settled on their farm called "De Zoete Inval" at
Paarl in the Western Province of the Cape.This land was granted to
them in 1692.
_________________________________________________
Belonged to the Chamber of Zeeland. Left Vlissingen on 19 February
1688, arrived at the Cape on 29 May 1688.
Hercule des Pres (1645-1695) and Cécile dÁrtis (1650-1720)
Isabeau des Prez (1670-aft.1710)
Hercule des Prez (1672-1721)
Marie-Jeanee de Prez (1675-1763)
Francois-Jean des Prez (1677-aft.1712)
Jacquamine des Prez (1679-1715)
Philippe des Prez (1681-1722)
_____________________________________________________
De Schelde left for Cape February 19, 1688, 140 feet long, arrived
Table Bay June 5, 1688, no deaths nor any sickness on board, put in at
St. Jago for repairs June 22-30, 1688
- 23 Huguenots - no list
Abraham Beluse (Bleuset,Bluse) of Calais, Picardie
Cecilia Datis du Preez, Courtrai, Flandres
Hercule Des Prez of Courtrai Flandres
Elizabeth Des Pres - 18
Hercule Des Pres Jr. - 16
Marie-Jeanne Des Prez - 13
Francois-Jean Des Prez - 11
Jacqueline Des Prez - 9
Philippe Des Prez - 7
Suzanne De Vos
Antoine Gros, Dauphine
Pierre Jacob of Calais
Suzanne Jacob - 17
Daniel Jacob - 15
Sara Jacob - 11
Marie Le Fevre
Guillaume Nel
Jean Nel - 1
Jeanne Nel - 1/2
Charles Prevost
Abraham Prevost - 17
Anne Prevost - 6
Elisabeth Prevost - 5
Jacob Prevost (born at Table Bay)
Daniel Terrier
(Research):Ook gespel du Pré, van Kortryk volgens Pama II. Arriveer as Franse vlugteling op die skip "Schelde" met sy vrou en vier kinders. In 1692 is die plaas "De Zoete InvaL" aan hom toegeken.
|