| Notes |
- Daar was drie Khoisan vroue wat met stamvaders in die huwelik getree het.
Die eerste was Barbara van die Kaap wat ? ?baster Khoisan? was en met Christiaan Weytzel getroud was.
Hulle tweede dogter, Helena (b2), was met Johann Neveling getroud (SAG 16: 258).
Die derde is Pieternella van Meerhof die vrou van Daniel Zaaiman. Sy was die dogter van Pieter van Meerhof en Krotoa van die Goringhaikona (Eva) (Heese 1985/2005: 121, 141).
Die stammoeder van die Philip Peter Spies-tak was dus ? afstammeling van ? Khoi-vrou.
Behalwe die bekende Eva wat met Pieter van Meerhof getroud is (families Bockelberg en Zaaiman), identifiseer Ockert Malan nog drie Khoi-stammoeders, naamlik Johanna Catharina
Toll (familie Voortman), Kaatjie van de Kaap (families Van der Westhuizen en Lotter) en Martha van die Kaap (familie Veldsman) (Malan 2014: 9). Daar is natuurlik ander Khoistammoeders wie se vroulike nageslag moontlik uitgesterf het, byvoorbeeld Barbara van die Kaap wat met Christiaan Frederik Weytzel getroud was (Heese 1985/2005: 121, 141; SAG 16:258). [2]
|