| Notes |
- J(9) Maria (1709) het stammoeder geword van die Bierman-geslag in Suid-Afrika. Sy is met haar eggenoot, Frederik Bierman, op die 22ste Julie 1725 in die huwelik bevestig. Die twee oudste kinders Susanna Elisabeth en Johannes Frederik, is albei ongehuud oorlede.
Die enigste seun, van wie al die Bierman's afstam, Jacobus Lourens, was getroud met Anna Alida Grito, by wie hy nege kinders gehad het. Die was ingetroud in die families Du Plessis, Leonhardi en Buys. Maria is in ongeveer 1730 oorlede en daarna is haar man hertroud met Anna du Plessis.
|