| Sources |
- [S637] WEBSITE, https://www.netwerk24.com/netwerk24/stemme/menings/fransjohan-pretorius-mt-steyn-se-winburg-geboortehuis-staan-nog-20240626.
Die geboortehuis van Marthinus Theunis Steyn, die laaste president van die Vrystaatse Republiek (1896-1902), net suid van Winburg op die terrein van die Voortrekkermonument staan vandag nog. Kosbaar, maar hoeveel mense wat op die N1 verbysnel, weet dit?
Steyn se ouers, Marthinus Steyn en Cecilia Johanna Wessels, is in 1851 getroud en het op die plaas Josephinesdal in die Winburg-distrik geboer. Marthinus se pa, Pieter Gysbert Steyn, was ?n welgestelde wa-maker van Swellendam. Cecilia se pa was kmdt. Mattheüs Hendrik Wessels van die plaas Tafelkop in die Winburg-distrik.
Teen Julie 1857 moes Marthinus dringend na Swellendam om sy oorlede vader se boedelsake af te handel. Vanweë die onrus in die jong republiek met vyandigheid tussen die Vrystaters en die Basotho van Moshoeshoe het Marthinus sy swanger eggenote na haar suster Gertruida op die plaas Rietfontein net buite Winburg geneem. Gertruida was met Theunis Cornelis Wessels getroud.
In 1952 het die Raad vir Nasionale Gedenkwaardighede die huis as geboorteplek van Marthinus Theunis Steyn tot nasionale monument verklaar.
Op 2 Oktober 1857 is Marthinus Theunis Steyn op Rietfontein gebore. Hy is vernoem na sy pa en sy aangetroude oom (wat saam met sy tante hom en sy ma so liefdevol tydens sy pa se drie maande lange afwesigheid versorg het).
Theunis Wessels het vir hom ?n eenvoudige, langwerpige, maar stewige huis van plaaslike materiaal gebou. Die buitemure het van die bruin en grys klip uit die nabygeleë rantjie gekom. Uit die leegte is rooigrond vir die roubakstene van die binnemure gebruik. Uit die vlei het die klei vir die vloere gekom, asook die riet vir die plat dak (ek hoor al vroue vra of die dak gelek het). Voor die kaggel en die deure, waar die kleivloer uitgetrap kon word, is daar perskepitte gelê.
Dis ?n drievertrekhuisie, met ?n voorhuis, ?n kombuis en ?n slaapkamer. Die houtvoordeur maak op die voorhuis oop, en in elke vertrek is daar ?n venster met groen houtrame en houtluike.
In 1952 het die Raad vir Nasionale Gedenkwaardighede die huis as geboorteplek van Marthinus Theunis Steyn tot nasionale monument verklaar. Die Provinsiale Museumdiens het in 1978 herstelwerk gedoen in ?n poging om die boukuns en woonkultuur van die pioniers van die vroeë Vrystaatse Republiek te herskep.
Wat ek van die Winburgse Voortrekkermonument en M.T. Steyn se geboortehuis ? klaarblyklik teenaan ?n informele woonbuurt ? hoor, klink nie bemoedigend nie.
Die stal en kraal wat ná 1857 aan die huis aangebou is, is gesloop, maar naby die huis is krale, ?n waenhuis en ?n bakoond toegevoeg om die geheelbeeld van die plaas te voltooi. Die plaaskerkhof met sy sandsteen-grafstene is gerestoureer. Die voorhuis en kombuis is met ?n tafel en stoele ingerig om ?n idee te gee van hoe dit moontlik in 1857 gelyk het, en kombuisgereedskap is in die kombuis aangebring. In die slaapkamer is ?n hemelbed staan gemaak.
Ek is nie seker hoeveel waarde ons vandag aan Karel Schoeman se woorde uit 1985 kan heg nie: ?. . . die oorspronklike boord met sy peer- en granaatbome en kweperlaning, die fontein en die eendedam . . . bestaan (nog).?
Wat ek van die Winburgse Voortrekkermonument en M.T. Steyn se geboortehuis ? klaarblyklik teenaan ?n informele woonbuurt ? hoor, klink nie bemoedigend nie. Die terrein en geboue behoort aan die Vrystaatse departement van sport, kuns, kultuur en rekreasie.
? Die eerste 160 rubrieke van Terugblik is in die bundels Terugblik en terugblik 2 opgeneem wat deur Protea Boekhuis uitgegee is.
* Pretorius is ?n emeritus professor in geskiedenis aan die Universiteit van Pretoria. Die mening van skrywers is hul eie en weerspieël nie noodwendig dié van Netwerk24 nie.
- [S637] WEBSITE, https://www.ufs.ac.za/docs/default-source/ufs-news-list/mt-steyn-statue_historical-sketch_23-november-2018-eg.pdf.
Born at Rietfontein in Winburg in the Free State on 2 October 1857 as one of 11 children.
o) Went to school on a farm in the area where he was born, and then proceeded to Grey College in Bloemfontein.
o) Studied Law in Great Britain, and although his home language was English, championed the cause of the (Afrikaans-speaking) Boers.
o) Started his law practice in Bloemfontein in 1883 and became well-known in the Free State, thanks to his duties as jurist in the circuit courts.
o) Elected as State President of the Free State in 1896, following the sudden resignation of FW Reitz due to poor health.
o) Known for the fact that he tried until the very end to avoid what was to become known as the Anglo-Boer War. Despite Steyn's best efforts to broker peace, war broke out in 1899 between the Boer republics and Great Britain. Steyn knew from the outset that the republics were doomed but decided to continue with the war against the colonial ambitions of the British Empire for the sake of honour and loyalty.
o) Played a conciliatory role between opposing Afrikaner factions in the period after the war.
o) Was the initiator of the National Women's Memorial - a monument to honour the thousands of women and children who died in the fields and concentration camps during the Anglo-Boer War.
o) Co-founder of the South African Party in 1910.
o) Died in 1916 after collapsing at a women's meeting which he was addressing.
o) He was laid to rest at the National Women's Memorial.
|