| Notes |
- (1) Volgens oorlewering - Elsie Aletta Cecilia DU PLESSIS (Kleindogter):
Willem Schalk DU PLESSIS is op 17 December 1871 in Zeerust gebore.Hy het op die Plaas Vaalkop gebly en is heel moontlik ook daar gebore.
Sy susters het ook in Zeerust gewoon. Willie DU PLESSIS, ?n kleinseun, het die susters jare daarna gaan opsoek waar hulle toe by 'n ouetehuis woonagtig was. Hulle is blykbaar ook in die ouetehuis oorlede.
Willem Schalk is met Barbara MEINTJES getroud en hulle het voor 1920 Rhodesie toe getrek en heel moontlik in die Saulsbury omgewing geboer.
Barbare MEINTJES is in 1920 in Rhodesie aan koors of malaria oorlede.
Haar oudste seun Johannes DU PLESSIS, ?n vername grootwildjagter was klaarblyklik die enigste persoon wat die ligging van haar graf geken het.
Willem Schalk DU PLESSIS se seun, Cornelius Johannes DU PLESSIS, het per geleentheid ?n spanningsvolle vertelling gegee van sy noue ontkoming in Rhodesie as ?n jong seuntjie in hierdie tyd, met ?n plaaslike Sangoma/Toordokter wat hom agtervolg het op ?n dag waarop hy alleen by die plaas was. Hy het weggehardloop met die sangoma op sy hakke, en dit was blykbaar net genade wat hom gered het toe sy ouers opgedaag net voor die sangoma hom kon inhaal en heel moontlik sou vermoor vir muti. Sy beskrywing van hoe net die sangoma se vere bo die lang grasse uitgesteek het elke keer wanneer hy in die lug gespring het om te sien waar die seuntjie mag wees sal altyd by bly.
Willem Schalk het met vyf van sy kinders na Suid-Afrika teruggekeer. Die ander kinders Alie, Johannes, Willem, Barbara COMSEY en Magdalena (Lenie) BOOYSEN het in Rhodesie agter gebly.
1) Willem Schalk en
2)Albertus (Berry) het op Volksrust gaan boer, terwyl
3) Cornelius en
4) Rachel (Kleina) VILJOEN op Warmbad gaan vestig het.
5) Wilhelmina (Mien) het naby Sandspruit stasie gewoon. Maria (Meraai) NORTJE het op Besters in KwaZulu-Natal gaan woon.Willem Schalk snr. het hierna die plaas Dassieklip gekoop en daar gewoon en geboer. Hy is later met Cecilia LABUSCHAGNE gertroud.
Piet (Eep) LABUSCHAGNE was ?n vriend wat langsaan Dassieklip gewoon het.
Alie en John DE HAAST (in Rhodesie begrawe) is Buluwayo toe en het daar gewoon tot die regering van Ian SMITH in 1979 tot ?n val gekom het.Hulle het toe na Suid-Afrika teruggekeer en in Boksburg aan die Oos-Rand gebly. Alie is ook hier begrawe.
Douglas De HAAST, Dirk KLEINSMIT en ene SCHROEDER, het ook gewoon (en Schroeder se kinders woon blykbaar steeds daar) waar oupa Jan Daniel LEONARD op Dassieklip gewoon het.
Gerhardus Griessel (?n Oupa) het ook op 'n deel van Dassieklip gewoon, asook Oupa Jan Daniel se suster se aangetroude familie COETZER.
Daar is klaarblyklik 'n koppie/berg met 'n fort, op die deel wat deur die KLEINSMITS bewoon is, en jy kon die fort vanaf Oupa Jan Daniel se plaas sien.
- https://www.familysearch.org/ark:/61903/3:1:3QS7-89Z5-R9YQ?i=923
- "Many Treks Made Rhodesia," by S. P. Olivier.
|