| Notes |
- Wentzel en sy vrou, Anna Catharina “Annaat” van der Merwe was neef en niggie. Wentzel se moeder en Annaat se vader was half-broer en -suster; dieselfde vader maar verskillende moeders.1 Annaat is op 4 September 1891 in Utrecht distrik in die ZAR gebore.1,8,19,20 Sy was die dogter van Cornelis van der Merwe (1849 – 1903) en Magrietha Cornelia Lombard (1867 – 1897). Haar oom aan moederskant en sy eggenote, Johannes Hendrik Lombard en Anna Catharina Beukes, asook haar niggie, Anna Sophia Jacoba van der Merwe (1869 – ?) was ten tye van haar doop op 11 Oktober 1891 te NHofGK Wakkerstroom teenwoordig.1,4,21 LEES MEER oor die Van der Merwes. [1]
|