| Sources |
- [S795] Citizen, (Citizen), https://www.citizen.co.za/highvelder-news/news-headlines/2017/05/26/oud-lv-moolman-mentz-word-90/.
Oud-LV Moolman Mentz word 90
Hy is die laaste oorlewende LV wat Ermelo verteenwoordig het en een van vier oud-Erries wat parlementslid geword het.
Een van die handjievol oorlewende oud-Erries wat in 1944 gematrikuleer het, mnr. Moolman Mentz, het Woensdag die geseënde ouderdom van 90 bereik.
Talle familielede en vriende het die heuglike gebeurtenis Saterdag by sy oudste seun en skoondogter, Hein en Marietha Mentz, op hul plaas gevier waar almal gesellig verkeer het en gasvry onthaal is.
Met Hein as 'n pittige seremonie-meester het die verrigtinge te midde van 'n feestelike atmosfeer in en om 'n groot tent op die werf seepglad verloop.
Gelukwense namens Moolman se agterkleinkinders, kleinkinders, kinders en vriende is deur Chemené (agterkleindogter), MJ (kleinseun), Molie (seun) en dr. Vos Grey (vriend) uitgespreek.
Moolman het sy stempel as sportman, regsgeleerde, politikus en boer onuitwisbaar op die samelewing afgedruk.
Hy is op Morgenzon gebore en het in 1944 as 16-jarige aan Hoërskool Ermelo gematrikuleer.
Nadat hy 'n jaar by ?n plaaslike koeldrankfabriek gewerk het, is hy na Stellenbosch waar hy die grade B.A. LLB. aan die universiteit verwerf het.
Van die Eikestad het Moolman na Pretoria verhuis waar hy onder meer as senior advokaat gepraktiseer het.
Hy het 'n aanbod om tot die regbank toe te tree, van die hand gewys omdat hy nie kans gesien het om die doodstraf op te lê nie.
Gedurende die tagtigerjare het Moolman bekendheid as politikus verwerf waarvan sy verkiesing as Volksraadlid vir Ermelo die hoogtepunt was.
Hy is die laaste oorlewende LV wat Ermelo verteenwoordig het en een van vier oud-Erries wat parlementslid geword het.
Die ander drie, Chris de Jager, Daan van der Merwe en Casper Uys, is reeds oorlede.
Moolman het hom as 'n kranige rugbyspeler onderskei. Hy het twee jaar vir die Erries se eerste span uitgedraf, eers as losskakel en toe as senter.
Op 18-jarige leeftyd het hy vir Ermelo se dorpspan, die Suidoos-Transvaalse Subunie asook ?n gekombineerde plattelandse span gespeel.
Op Stellenbosch het hy vir die Maties se 0/19- en eerste span uitgedraf.
In Pretoria het hy senior klubrugby gespeel, was lid van die SA Weermagspan en het die Blou Bulle in twee wedstryde verteenwoordig.
Nadat hy as speler uitgetree het, het hy Oostelikes (Pretoria) en Ermelo se dorpspan afgerig.
Met sy terugkeer na Ermelo, het Moolman hom in die distrik gevestig en tot sowat drie jaar gelede op die plaas Swartwater geboer.
Tans woon hy en sy vrou, Mara, wat die afgelope 66 jaar sy getroue steunpilaar is, rustig in hul meenthuis in John Vorsterpark.
Hoewel hy nou rustend is, behou hy steeds sy belangstelling in die boerdery.
Moolman en Mara is met vyf getroude kinders, 12 kleinkinders en sewe agterkleinkinders geseën wat almal die verjaardagfees bygewoon het. (CK)
May 26, 2017 highvelder newspaper 2 minutes read
- [S796] Hoëvelder, HOËVELDER - 22 Junie 2018.
Bekende Moolman Mentz sterf op 91 Sanette Botha Mnr. Moolman Mentz is Donderdag, 14 Junie oorlede.
Hy is 91 jaar gelede gebore en het sy skoolloopbaan op Morgenzon begin waarna hy tot in die destydse standerd 6 onderrig by die Rooiwal-plaasskool in die Amsterdamomgewing ontvang het. Die res van sy hoërskoolloopbaan het hy aan Ermelo Hoërskool voltooi. Omdat hy ná matriek op 16-jarige ouderdom te jonk was om universiteit toe te gaan, het hy vir ?n jaar by die koeldrankfabriek op Ermelo gewerk. Daarna het hy sy regstudies aan die Universiteit van Stellenbosch voltooi.
Mnr. Mentz was ?n kranige rugbyspeler en het vir Garnisoen (die latere weermag) gespeel en het ook vir Noord-Transvaal op die rugbyveld uitgedraf. Hy was in 1945 die senter vir die Suidoos-Transvaalse Subunie en was ook op die bestuur van die Uile. Ná sy studies is hy aangestel as dosent by die nuutgestigde Militêre Akademie op Saldanha. Dié akademie is toe geskuif na Robertshoogte, later bekend as Voortrekkerhoogte in Pretoria, waar hy klas in militêre reg gegee het. Hy het ook deeltyds gepraktiseer as junior advokaat.
Mnr. Mentz was met Mara getroud en twee seuns en drie dogters is uit die huwelik gebore.
Hy het in 1971 uit die balie bedank en het na Ermelo teruggekeer waar die egpaar verskeie ondernemings bestuur het. Mnr. Mentz het ook in dié tyd op, onder andere, die stadsraad, die publikasieraad, die hospitaalraad, en ander rade gedien. Hy is drie jaar later terug na die balie en het vanaf Ermelo gepraktiseer waar hy net diamantsake hanteer het en ook betrokke was by die herskrywing van die diamantwet. Hy was vir sowat vyf jaar by die Staat teen Skentologie-saak betrokke waartydens hy vir die skentoloë opgetree het.
Sy politieke belangstelling was altyd daar en nadat hy weer eens die toga neergelê het, het hy hom tot die aktiewe politiek begeef. Hy was in 1986 Ermelo se kandidaat vir die Konserwatiewe Party en Lid van die Volksraad vir twee termyne tot 1994. Hy was tot in 1999 lid van die Mpumalanga-wetgewer waarna hy uit aktiewe politiek getree het.
Mnr. Mentz het hom daarna op die familieplaas besig gehou met Gelvich-beeste wat toe ?n nuwe ras in Suid-Afrika was en het later oorgeskakel na die Hugenotebeesras waarmee daar vandag nog op dié plaas geboer word. Sowat drie jaar gelede het hy en sy eggenote op die dorp kom woon waar hulle tot en met sy afsterwe gewoon het en waar me. Mentz steeds sal woon.
Hy word ook oorleef deur sy vyf kinders, 12 kleinkinders en 11 agterkleinkinders.
- [S637] WEBSITE.
KP-LP beboet ná ontduiking van belasting
Van Ons Politieke Redaksie JOHANNESBURG.
- Mnr. Moolman Mentz, die Konserwatiewe Party se hoofwoordvoerder oor Wet en Orde en LP vir Ermelo, is verlede jaar met meer as R17 000 beboet omdat sy onderneming belasting ontduik het. Hy is in Oktober 1988 in die streekhof op Ermelo gelas om altesame R37 441,84 aan die belastinggaarder te betaal.
VERKOOP
Mnr. Mentz, handeldrywende as Ermelo Steengroewe, het versuim om R20 260,08 se algemene verkoopbelasting aan die belastinggaarder te betaal vir goedere wat deur sy onderneming verkoop is. Dié feite het vandeesweek aan die lig gekom nadat 'n kreietburo mnr. Mentz se naam landwyd in sy bulletyn gepubliseer het op 'n lys van siviele vonnisskuldenaars wat in Oktober verlede jaar afgehandel is. Die Burger het mnr. Mentz gisteroggend by die KP-kantoor op De Aar opgespoor waar hy besoek afgelê het. Toe hy uitgevra is, het mnr. Mentz heftig gereageer en kategories ontken dat hy iets weet. ``Ek weet nie eens waarvan u praat nie,'' het hy gesê. Sy seun, Hein, wat 'n ouditeur en 'n KP-stadsraadslid op Ermelo is, is ook 'n direkteur van die maatskappy. Hy het by navraag gesê hy wil geen kommentaar lewer nie. Mnr. Mentz se belastingontduiking is nie die enigste ongerymdhede waarby senior ampsdaers van die party na bewering betrokke is nie wat nou aan die lig kom. Vroeër is berig dat: &cchar1; Mnr. Cas Pieters, KP-burgemeester van Vanderbijlpark en KP-kandidaat in dié kiesafdeling, verlede week in hegtenis geneem is op veertien aanklagte van beweerde bedrog waarby sowat R450 000 betrokke is. Die saak is tot 5 Oktober uitgestel.
ADRES Die handelstak van die Polisie in Johannesburg beweringe van bedrog ondersoek waarby meer as R100 000 betrokke is teen mnr. Johan van Aswegen, voorsitter van die bestuurskomitee van die KP-stadsraad van Brakpan. &cchar1; Die Transvaalse Provinsiale Administrasie beweringe ondersoek dat prof. Ben van der Berg, voorsitter van die bestuurskomitee van die KP-beheerde stadsraad van Potchefstroom en KP-kandidaat in dié kiesafdeling, bedrog gepleeg het met die registrasie van sy motor deurdat hy 'n vals adres opgegee het.
(Berig deur A.J. Rossouw, Millerstraat 32, Nieu-Doornfontein, Johannesburg.)
hofsake misdaad belasting
- [S18] FAMILYSEARCH, MARRIAGE: https://www.familysearch.org/ark:/61903/3:1:3Q9M-C91V-RST7-K?view=index&personArk=%2Fark%3A%2F61903%2F1%3A1%3AQP77-PYXN&action=view.
- [S18] FAMILYSEARCH, MARRIAGE: https://www.familysearch.org/ark:/61903/3:1:3Q9M-CSVH-NJG9?view=index&action=view.
|