| Sources |
- [S637] WEBSITE, https://altathegenealogist.org.za/individual-surnames-family-lines/coetzee/wensel-christoffel-coetzer-1825-1909/.
5.4 Pieter Schalk Willem
Hy is op 16 Maart 1855 in die omgewing van huidige dorp, Newcastle, gebore.1
Die NGK-gemeente op Newcastle het egter eers op 2 Desember 1882 van NGK Ladysmith afgestig, ongeveer twintig jaar nadat die dorp gestig is. Newcastle is amptelik in 1864 langs die Ncandurivier geproklameer, hoewel daar reeds vanaf die 1840’s ‘n poskoetsstasie, genaamd Post Halt No. 2, was waar transportryers kon oornag en waar vars perde verskaf is vir die poskoetse op die roete tussen Port Natal/Durban en die ZAR. Newcastle was die vyfde koloniale dorp in Natal, naas Port Natal/Durban (1824), Pietermaritzburg (1839), Weenen (1839) en Ladysmith (1848).44,45
Pieter trou later met sy niggie, Susara Susanna Botha (ca 1856 – ?), dogter van Theunis Jacobus Botha (14 Maart 1833 – 1912) en Susanna Hendrina Zacharia Koch (13 Januarie 1842 – 4 Januarie 1886).1,16-18,65 Pieter is op 46-jarige ouderdom op 25 Oktober 1901 oorlede op sy oom, Johannes Jacobus Coetzer (1829 – 1923) se plaas, Grootvallei (ZAR no. 153, Transvaal no. 43 HT) in Wakkerstroom distrik.1,29,36,47,66 Hy is vermoedelik in die familiekerkhof op die plaas begrawe – meeste van die inskripsies op daardie grafstene is egter nie meer leesbaar nie.66Pieter en Susara Coetzer se kinders was Susara Susanna (16 April 1880 – 5 September 1933, plaas Nooiensboom, distrik Utrecht), Pieter Schalk Willem (12 Mei 1886 – 11 Julie 1967, Ω Ou Begraafplaas, Utrecht), Theunsina Jacoba (5 September 1888 – 3 Maart 1972, Ω Ou Begraafplaas, Utrecht), Maria Magdalena (15 November 1891 – ?), Johan Daniel (*7 Julie 1895, ≈10 November 1895, NHofGK Marthinus-Wesselstroom – ?) en Martina Elsie Johanna (*2 Mei 1898, ≈25 September 1898, NHofGK Marthinus-Wesselstroom, †12 November 1953, Ω Ou Begraafplaas, Utrecht).1,67
- [S18] FAMILYSEARCH, DEATH NOTICE: https://www.familysearch.org/ark:/61903/3:1:3Q9M-CS4N-HQ3C-S.
- [S18] FAMILYSEARCH, PROBATE: https://www.familysearch.org/ark:/61903/3:1:3Q9M-CS92-6Z58.
|