| Notes |
- Alternative location: Essen, Wittlage, Hann, Prussia
Van Esseb, aankoms 1717 as soldaat, later leerlooier 1818-23.
Alternative location: Essen, Wittlage, Hann, Prussia
Arrived at the Cape as soldier, later tanner 1818-1823.
Wilhelm Meyer van Essen kom volgens SAG 5 in 1717 as soldaat in die Kaap aan. Werk later as leerlooier van 1818 tot 1823.
One of the South African MEYER progenitors, he came from Essen in Lüneburg, Germany. Arrived in the Cape as a soldier with the VOC but became one of the first free burghers and farmed on the Liesbeeck River. An episode is described in the "Attestasies" of 1679: A permit was issued to three free burghers Gerrit Visser,
Hendriks Jacobs, Jan Stoffels and an official Willem Meyer 'borrowed' from the Kompanje to shoot hippopotamus in the Breë River "for the maintenance of their families". The party left Capetown on 6 Sep 1679 with three wagons, 24 oxen and two trained hottentots, Dickop and Trompetter. At the river 'Zonder Ende' they were joined by six hottentots from the kraal of
Coopman, captain of the 'Sonquas'. Towards the evening when it started raining, the strange hottentots quietly left the camp.
The following evening, towards sunset, while Willem and his party were skinning hippopotamuses, they discovered that the hottentots had left with their oxen. Even more disturbing was a threat from the Sonquas hottentots the following day that they leave or be killed. Without having achieved their objective they returned to the Castle without their wagons, oxen and meat.
Wilhelm Meyer van Essen, Duitsland, tree in die huwelik te Kaapstad 10-4-1682 met Catharina Kiens van Terveere, Holland, (1) weduwee van vryburger Pieter Visagie van Antwerpen (2).
Hy is in diens van die Hollands Oos-Indiese Kompanjie (3) maarword een van die eerste vryburgers en "landbouwers" aan die Liesbeeckrivier, Kaap. (4) Hy kom te sterwe in 1690 waarna sy weduwee vir die derde keer in die huwelik tree met vryburger en Franse Hugenoot Martin Pouisseon, wewenaar met drie kinders (5) op 6-8-1690.
Wilhelm Meyer het slegs een kind nl. Lucas (6) by Catharina Kiens gehad, maar moes ook twee minderjarige seuns, Guilliam en Izaak Visagie van sy vrou by haar vorige huwelik, versorg. Vir almal het hy voorsiening gemaak in sy testament (7).
Van Wilhelm Meyer (Meier) of Willem Meyer (umlaut op y) soos hy in die Kaapse rekords verskyn, is daar nie veel bekend nie. Dit is ook nog onseker wanneer hy hier aangeland het.
In Theal se "History of South Africa" Verskyn sy naam saam met die van ander burgers as die "new burghers" wat in die rekords van die Kaap voor 1688 gevind is (8). In dieselfde uitgawe verskyn sy naam (met vrou en een kind) weer saam met 'n groot aantal "most notable burghers in the Cape district" wat in die sensusopname van 1691 ontvang is (9).
In Colenbrander se "De aftkomst Der Boeren" weer word 1682 as die vroegste datum, waarskynlik sy troudatum, teenoor Willem se naam aangegee (10).
In die "Attestasies" van 1679 egter word 'n episode beskryf wat daarop dui dat Willem Meyer reeds voor 3 Oktober 1679 in die Kaap was (11). Dit gaan oor 'n permit toegestaan aan drie vryburgers Gerrit Visser, Hendrik Jacobs, Jan Stoffels en 'n sekere amptenaar Willem Meyer "geleen"by die Kompanje om seekoeie te gaan skiet in die Breërivier "for the maintenance of their families".
Die geselskap het die Kaap op 6 September 1679 verlaat met drie waens, 24 osse en twee oorlamse hottentotte Dickop en Trompetter. By die rivier "Zonder Ende" sluit ses hottentotte van die kraal die Soesquakaptein Coopman by hulle aan en vergesel hulle tot by die Breërivier. Teen die aand toe dit begin rëen, verlaat die vreemde hottentotte stilweg die kamp.
Die volgende dag teen sononder toe Willem en geselskap besig was om seekoeie af te slag, moes hulle verneem dat al hulle trekosse deur die hottentotte verdryf was. Nog groter was hulle ontsteltenis die volgende dag toe 'n dreigende bende sonquas-hottentotte hulle beveel om pad te gee of te sterf. Onverrigtersake moes hulle na die Fort terugkeer, sonder vleis, hulle waens en die trekosse.
(1) Kaapstad Huweliksregister Vo. G1 1/1 p83 - sien foto 1 "den 10 April 1682 : Willem Meyer van Essen jongman en Catarina Kijns, weduwee van Pieter Visagie"
(2) Kaapstad Huweliksregister Vo. G1 1/1 p76 - sien foto 2 "den 21 Junie 1676 : Pieter Visagie van Antwerpen en Catharina Kiens van ter Veer"
(3) Moodie : The Record : p370 (2)
(4) Theal : The History of South Africa Vo. 3 p365
(5) C. Graham Botha : The French refugees at the Cape p95 "In 1692 he is descrbed as with wife and three children" Martin Pouisseon (Martinus Pousioen) se naam verskyn op die burger monsterrolle van Stellenbosch in 1685 en wordbegrawe in Kaapstad Januarie 1713. Hy het die plaas Lovenstein, Tygerberg (1701) en Slent, Paarl (1707) besit. Kaapstad Huweliksregister Vo. G1 1/1 p87 - Sien foto 3 "den 6 Augustus 1690 : syn in den Huwelyk staet verenight Maarten Pousioen, vryburger alhier met Catharina Kiens van Vrissinge weduwee van Willem Meyer"
(6)Kaapstad Doopregister Vo. G1 1/1 p29 - sien foto 4 "den 14 Mej 1684 : Lucas : Willem Meier en Catrina Kiens"
(7)Testament : C.J. 2649/18 : 29.3.1690 - sien foto 5
(8)Theal : History of South Africa before 1795 : Vo. 3 p314
(9)Theal : History of South Africa before 1795 : Vo. 3 p364
(10)Colenbrander : De Aftkomst der Boeren : p22
(11)Moodie : The Record p370 n(2).
Catharina KIJNS(F)................... B: Abt 1650 F#: 442550 @
Spouse: Pieter VIS.GIE* , Ler Veer, Belgium
Lucas Meyer (enigste kind) gedoop Kaapstad 14-5-1684 (1) getroud 19-11-1713 met Agatha Blom, gedoop Kaapstad 20-11-1695 (2) dogter van stamvader Barend Pietersz Blom van Wegenan, Duitsland en Catharina de Beer (3) later burger te Wagenmakersvallei (Wellington).
Lucas is burger te Drakenstein (later Paarl) en boer op dievolgende plase:
"De Groene Valley agter de Parel" 25-1-1725 - 11-4-1737 "De Gonjemans Craal aan de Piekenierskloof" 8-5-1726 - 29-5-1729 " Over de Berg Rivier oude Comp: rivier aan de onderster Kuyl" vanaf 23-4-1716 "Plaas Lichtenburg - gelegen in die Tygerbergen aan de Mossebank rivier, groot in synen grond negen en vyftig morgen en twee honderd quadraat roeden (4) " vanaf 9-6-1717 - 9-11-1736
Die plaas Lichtenburg het later jare in besit gekom van die Uys-familie wat dit baie jare bewoon en bewerk het totdat 'n groot deel van die plaas in die jongste tyd (datum opgestel onbekend) deur die Suid-Afrikaanse Spoorweë onteien is vir die bou van 'n spoorlyn. 'n Vervalle opstal bestaan nog.
"Groene Valley" en "gojemans Craal" aan die Piekenierskloof word aangegee as geleë in die distrik "Picquetberg" (5)
Lucas Meyer het in 1725 'n permit bekom om sy vee te laat wei agter die Paarl in die "Groene Valley" (6) maar word gewaarsku dat die permit ingetrek sal wordas hy te na aan die militêre pos "Groenkloof" (7) sou lê.
Dit wil dus voorkom of Lucas Meyer op sy vaste plaas Lichtenburg (nou in die Durbanville-omgewing) gewoon en as "landbouwer" geboer het en dat hy die permitstelsel gebruik het om omsy vee te laat wei in die omgewing Noord van Malmesbury en nader aan Piketberg.
Hul gesamentlike testament MOOC 7/6 en 7/14 is gedateer 19 Augustus en volgens 'n aantekening daarop is dit aan die weeskamer vertoon op 8-1-1741.
Met die dood van Lucas Meyer Hertrou sy weduwee op 63 jarige ouderdom met Hermanus Smuts (b.2) as sy derde vrou op ...1758 (8) en in 1764 neem sy die eed en word amptelik toegelaat om as vroedvrou (9) op te tree. Dit is opvallend hoeveel keer haar naam voorkom as doopgetuie in Drakenstein vir die Lombards, Bothas, Loodse, Erasmusse, ens. en juis die vanne wat later aanverwante families in Swellendam en Graaf-reinet sou word.
Lucas Meyer en Agatha Blom het 4 seuns en 5 dogters agtergalaat.
(1) Kaapstad Doopregister : Vol. G1 1/1 p.29
(2) Kaapstad Doopregister : Vol. G1 1/1 p.59
(3) De Villiers / Pama : p.64
(4) Meesterskantoor Kaapstad: Aan Lucas Meyer transport 1174 9-6-1717 Voorheen aan Glokelius transport T780 20-9-1709 aan raadslid H Boutman T1012 27-10-1714 daarna aan Casper Badenhorst T2345 9-11-1736
(5) Graham Botha : Place names in the Cape Province p.105
(6) Oude Schutteboeken : RLR 9 p.243 : 10-1-1731
(7) Graham Botha : Place names in the Cape Province p.243: "The name 'Groenkloof' , Malmesbury is mentioned as early as 1682 where the Company has established a military post in 1701 but abandoned it abou ninety years later".
(8) De Villiers / Pama : p.901
(9) Graham Botha : Cape Law Medcine & Place Names p.186
C Willem Meyer (oudste van 9 kinders) gedoop 20-1-1715 te Drakenstein, Paarl (1) burger te Drakenstein, getroud 26-6-1745 te Paarl met Elisabeth Loots (2) dogter van stamvader en heemraadslid Jan Loots van Amsterdam en Maria Joubet. Op 21 jarige ouderdom (17-11-1736) onderneem hy sy eerste amptelike landstog na die binneland en keer terug op 24-11-1737 (3). Die togte was onderneem om olifante te skiet aangesien daar 'n groot vraag na ivoor in Batavia was en die Kaapse regering ook materiele belange in olifantjag gehad het. Hierdie landstogte word beskou as die eerste uitwaartse beweging van die koloniste wat mettertyd met hulle vee 'n leefwyse gemaak het om al hoe verder Oos te trek.
Name van Willem se broers en susters
c1 Willem (soos bo)
c2 Catharina ged. 12-4-1746 te Paarl (4) getr. 6-7-1738 Dirk van der Schyff
c3 Engela ged. 2-5-1717 te Paarl getr. 24-1-1745 Michiel Smuts (sy grafsteen no. 80 in die Groote Kerk)
c4 Barend ged. 11-9-1748te Paarl getr. Maria van der Schyff
c5 Geertruida ged. 28-7-1720? getr. 17-12-1743 Marthinus Smuts
c6 Izaak ged. 17-10-1723 te Paarl, burger van Swellendam getr. Paarl 2-11-1749 met Maria Loots, dogter van stamvader Jan Loots van Amsterdam,en Maria Joubert (hy en Willem moontlik met sussies getrou). Hy is 'n trekboer en boer met sy vee afwisselend op ses verskillende veeplase nl. "Brakkenkuyl" aan die Slangrivier, 'n plaas aan die Breërivier, "Port de Rietvalley" aan die Buffeljagsrivier , "Welgelegen", naby George, "de Klipheuvel" aan die Gouritzrivier en "de Zandfontein" tussen die Cowie- en Visriviere. Met die dood van Izaak Meyer trou sy weduwee op 7-3-1779 met Hermanus Gerrits. (Hy het 'n testament nagelaat.)
c7 Maria Elisabeth ged. 13-1-1726 getr. Paulus Beck van Stettin, hertrou 10-11-1765 met Willem de Kruger (Wilhelm Cruger)
c8 Lea ged. 21-12-1727
c9 Pieter Barend ged. 11-11-1731, burger te Kaapstad, getr. 23-7-1758 Helena Frederica Zappel (Sappel of Saspel)
Willem Meyer en Elisabeth Loods het 4 seuns en 4 dogters gehad.
(1) Paarl Doopregister : (F) G3 3/1 1694 - 1745 (2) Paarl huwelikregister : G3 5/1A (3) Stellenbosch 13/31 : Gelukkig het daar in die Stellenbosch-argief twee lyste bewaar gebly wat inligting oor landstogte verstrek. Die twee lyste wat mekaar aanvul, dra albei die opskrif "Alphabet van Zoodanige personen de welke op veldtogte syn uitgegaan". Dit dek die tydperk 1735 tot 1744. (4) Paarl Doopregister : (F)G3 3/1 1694 - 745 c8 Lea ged. 21-12-1727
Wilhelm Meyer van Essen, Duitsland, tree in die huwelik te Kaapstad 10-4-1682 met Catharina Kiens van Terveere, Holland, (1) weduwee van vryburger Pieter Visagie van Antwerpen (2).
Hy is in diens van die Hollands Oos-Indiese Kompanjie (3) maar word een van die eerste vryburgers en "landbouwers" aan die Liesbeeckrivier, Kaap. (4) Hy kom te sterwe in 1690 waarna sy weduwee vir die derde keer in die huwelik tree met vryburger en Franse Hugenoot Martin Pouisseon, wewenaar met drie kinders (5) op 6-8-1690.
Wilhelm Meyer het slegs een kind nl. Lucas (6) by Catharina Kiens gehad, maar moes ook twee minderjarige seuns, Guilliam en Izaak Visagie van sy vrou by haar vorige huwelik, versorg. Vir almal het hy voorsiening gemaak in sy testament (7).
Van Wilhelm Meyer (Meier) of Willem Meyer (umlaut op y) soos hy in die Kaapse rekords verskyn, is daar nie veel bekend nie. Dit is ook nog onseker wanneer hy hier aangeland het.
In Theal se "History of South Africa" Verskyn sy naam saam met die van ander burgers as die "new burghers" wat in die rekords van die Kaap voor 1688 gevind is (8). In dieselfde uitgawe verskyn sy naam (met vrou en een kind) weer saam met 'n groot aantal "most notable burghers in the Cape district" wat in die sensusopname van 1691 ontvang is (9).
In Colenbrander se "De aftkomst Der Boeren" weer word 1682 as die vroegste datum, waarskynlik sy troudatum, teenoor Willem se naam aangegee (10).
In die "Attestasies" van 1679 egter word 'n episode beskryf wat daarop dui dat Willem Meyer reeds voor 3 Oktober 1679 in die Kaap was (11). Dit gaan oor 'n permit toegestaan aan drie vryburgers Gerrit Visser, Hendrik Jacobs, Jan Stoffels en'n sekere amptenaar Willem Meyer "geleen" by die Kompanje om seekoeie te gaan skiet in die Breërivier "for the maintenance of their families".
Die geselskap het die Kaap op 6 September 1679 verlaat met drie waens, 24 osse en twee oorlamse hottentotte Dickop en Trompetter. By die rivier "Zonder Ende" sluit ses hottentotte van die kraal die Soesquakaptein Coopman by hulle aan en vergesel hulle tot by die Breërivier. Teen die aand toe dit begin rëen, verlaat die vreemde hottentottestilweg die kamp.
Die volgende dag teen sononder toe Willem en geselskap besig was om seekoeie af te slag, moes hulle verneem dat al hulle trekosse deur die hottentotte verdryf was. Nog groter was hulle ontsteltenis die volgende dag toe 'n dreigende bende sonquas-hottentotte hulle beveel om pad te gee of te sterf. Onverrigtersake moes hulle na die Fort terugkeer, sonder vleis, hulle waens en die trekosse.
(1) Kaapstad Huweliksregister Vo. G1 1/1 p83 - sien foto 1 "den 10 April 1682 : Willem Meyer van Essen jongman en Catarina Kijns, weduwee van Pieter Visagie"
(2) Kaapstad Huweliksregister Vo. G1 1/1 p76 - sien foto 2 "den 21 Junie 1676 : Pieter Visagie van Antwerpen en Catharina Kiens van ter Veer"
(3) Moodie : The Record : p370 (2)
(4) Theal : The History of South Africa Vo. 3 p365
(5) C. Graham Botha : The French refugees at the Cape p95 "In 1692 he is descrbed as with wife and three children" Martin Pouisseon (Martinus Pousioen) se naam verskyn op dieburger monsterrolle van Stellenbosch in 1685 en wordbegrawe in Kaapstad Januarie 1713. Hy het die plaas Lovenstein, Tygerberg (1701) en Slent, Paarl (1707) besit. Kaapstad Huweliksregister Vo. G1 1/1 p87 - Sien foto 3 "den 6 Augustus 1690 : syn in den Huwelyk staet verenight Maarten Pousioen, vryburger alhier met Catharina Kiens van Vrissinge weduwee van Willem Meyer"
(6)Kaapstad Doopregister Vo. G1 1/1 p29 - sien foto 4 "den 14 Mej 1684 : Lucas : Willem Meier en Catrina Kiens"
(7)Testament : C.J. 2649/18 : 29.3.1690 - sien foto 5
(8)Theal : History of South Africa before 1795 : Vo. 3 p314
(9)Theal : History of South Africa before 1795 : Vo. 3 p364
(10)Colenbrander : De Aftkomst der Boeren : p22
(11)Moodie : The Record p370 n(2).
Catharina KIJNS (F)................... B: Abt 1650 @ Spouse: Pieter VISAGIE* , Ler Veer, Belgium
Lucas Meyer (enigste kind) gedoop Kaapstad 14-5-1684 (1) getroud 19-11-1713 met Agatha Blom, gedoop Kaapstad 20-11-1695 (2) dogter van stamvader Barend Pietersz Blom van Wegenan, Duitsland en Catharina de Beer (3) later burger te Wagenmakersvallei (Wellington).
Lucas is burgerte Drakenstein (later Paarl) en boer op die volgende plase:
"De Groene Valley agter de Parel" 25-1-1725 - 11-4-1737 "De Gonjemans Craal aan de Piekenierskloof" 8-5-1726 - 29-5-1729 " Over de Berg Rivier oude Comp: rivier aan de onderster Kuyl"vanaf 23-4-1716 "Plaas Lichtenburg - gelegen in die Tygerbergen aan de Mossebank rivier, groot in synen grond negen en vyftig morgen en twee honderd quadraat roeden (4) " vanaf 9-6-1717 - 9-11-1736
Die plaas Lichtenburg het later jare in besit gekom van die Uys-familie wat dit baie jare bewoon en bewerk het totdat 'n groot deel van die plaas in die jongste tyd (datum opgestel onbekend) deur die Suid-Afrikaanse Spoorweë onteien is vir die bou van 'n spoorlyn. 'n Vervalle opstal bestaan nog.
"Groene Valley" en "gojemans Craal" aan die Piekenierskloof word aangegee as geleë in die distrik "Picquetberg" (5)
Lucas Meyer het in 1725 'n permit bekom om sy vee te laat wei agter die Paarl in die "Groene Valley" (6) maar wordgewaarsku dat die permit ingetrek sal word as hy te na aan die militêre pos "Groenkloof" (7) sou lê.
Dit wil dus voorkom of Lucas Meyer op sy vaste plaas Lichtenburg (nou in die Durbanville-omgewing) gewoon en as "landbouwer" geboer het endat hy die permitstelsel gebruik het om om sy vee te laat wei in die omgewing Noord van Malmesbury en nader aan Piketberg.
Hul gesamentlike testament MOOC 7/6 en 7/14 is gedateer 19 Augustus en volgens 'n aantekening daarop is dit aan die weeskamer vertoon op 8-1-1741.
Met die dood van Lucas Meyer Hertrou sy weduwee op 63 jarige ouderdom met Hermanus Smuts (b.2) as sy derde vrou op ...1758 (8) en in 1764 neem sy die eed en word amptelik toegelaat om as vroedvrou (9) op te tree. Ditis opvallend hoeveel keer haar naam voorkom as doopgetuie in Drakenstein vir die Lombards, Bothas, Loodse, Erasmusse, ens. en juis die vanne wat later aanverwante families in Swellendam en Graaf-reinet sou word.
Lucas Meyer en Agatha Blom het4 seuns en 5 dogters agtergalaat.
(1) Kaapstad Doopregister : Vol. G1 1/1 p.29
(2) Kaapstad Doopregister : Vol. G1 1/1 p.59
(3) De Villiers / Pama : p.64
(4) Meesterskantoor Kaapstad: Aan Lucas Meyer transport 1174 9-6-1717 Voorheen aan Glokelius transport T780 20-9-1709 aan raadslid H Boutman T1012 27-10-1714 daarna aan Casper Badenhorst T2345 9-11-1736
(5) Graham Botha : Place names in the Cape Province p.105
(6) Oude Schutteboeken : RLR 9 p.243 : 10-1-1731
(7) Graham Botha : Place names in the Cape Province p.243 : "The name 'Groenkloof' , Malmesbury is mentioned as early as 1682 where the Company has established a military post in 1701 but abandoned it abou ninety years later".
(8) De Villiers / Pama : p.901
(9) Graham Botha : Cape Law Medcine & Place Names p.186
C Willem Meyer (oudste van 9 kinders) gedoop 20-1-1715 te Drakenstein, Paarl (1) burger te Drakenstein, getroud 26-6-1745 te Paarl met Elisabeth Loots (2) dogter van stamvader en heemraadslid Jan Loots van Amsterdam en Maria Joubet. Op 21 jarige ouderdom (17-11-1736) onderneem hy sy eerste amptelike landstog na die binneland en keer terug op 24-11-1737 (3). Die togte was onderneem om olifante te skiet aangesien daar 'n grootvraag na ivoor in Batavia was en die Kaapse regering ook materiele belange in olifantjag gehad het. Hierdie landstogte word beskou as die eerste uitwaartse beweging van die koloniste wat mettertyd met hulle vee 'n leefwyse gemaak het om al hoeverder Oos te trek.
Name van Willem se broers en susters
c1 Willem (soos bo)
c2 Catharina ged. 12-4-1746 te Paarl (4) getr. 6-7-1738 Dirk van der Schyff
c3 Engela ged. 2-5-1717 te Paarl getr. 24-1-1745 Michiel Smuts (sy grafsteen no. 80 indie Groote Kerk)
c4 Barend ged. 11-9-1748 te Paarl getr. Maria van der Schyff
c5 Geertruida ged. 28-7-1720? getr. 17-12-1743 Marthinus Smuts
c6 Izaak ged. 17-10-1723 te Paarl, burger van Swellendam getr. Paarl 2-11-1749 met Maria Loots, dogter van stamvader Jan Loots van Amsterdam, en Maria Joubert (hy en Willem moontlik met sussies getrou). Hy is 'n trekboer en boer met sy vee afwisselend op ses verskillende veeplase nl. "Brakkenkuyl" aan die Slangrivier, 'n plaas aan die Breërivier, "Port de Rietvalley" aan die Buffeljagsrivier , "Welgelegen", naby George, "de Klipheuvel" aan die Gouritzrivier en "de Zandfontein" tussen die Cowie- en Visriviere. Met die dood van Izaak Meyer trou sy weduwee op 7-3-1779 met HermanusGerrits. (Hy het 'n testament nagelaat.)
c7 Maria Elisabeth ged. 13-1-1726 getr. Paulus Beck van Stettin, hertrou 10-11-1765 met Willem de Kruger (Wilhelm Cruger)
c8 Lea ged. 21-12-1727
c9 Pieter Barend ged. 11-11-1731, burger te Kaapstad, getr. 23-7-1758 Helena Frederica Zappel (Sappel of Saspel)
Willem Meyer en Elisabeth Loods het 4 seuns en 4 dogters gehad.
(1) Paarl Doopregister : (F) G3 3/1 1694 - 1745 (2) Paarl huwelikregister : G3 5/1A (3) Stellenbosch 13/31 : Gelukkig het daar in die Stellenbosch-argief twee lyste bewaar gebly wat inligting oor landstogte verstrek. Die twee lyste wat mekaar aanvul, dra albei die opskrif "Alphabet van Zoodanige personen de welke op veldtogte syn uitgegaan". Dit dek die tydperk1735 tot 1744. (4) Paarl Doopregister : (F) G3 3/1 1694 - 745 c8 Lea ged. 21-12-1727
|