| Notes |
- Volgens Pama 2 ook Kyns gespel.
From: Visagie
To: Genealogiese Forum Subject: [GenForum] Vroue-immigrante C 1652-1685: Catharina Kiens(t)
Date: 16 July 2002 21:51
Beste LedeDie stammoeder van die Visagies en van die afstammelinge van een van die Meyer-stamvaders, was Catharina Kiens(t) van die stad Veere in From: Visagie
To: Genealogiese Forum Subject: [GenForum] Vroue-immigrante C 1652-1685: Catharina Kiens(t)
Date: 16 July 2002 21:51
Beste Lede
Na hierdie lang storie kom ek eers by die eintlike onderwerp en navraag: Die stammoeder van die Visagies en van die afstammelinge van een van die Meyer-stamvaders, was Catharina Kiens(t) van die stad Veere in die provinsie Zeeland van Nederland. Sy is op 21/6/1671 met Pieter Visagie (van Antwerpen) getroud. Visagie het reeds in Maart 1655 voet aan wal gesit wat hom terloops dalk die tweede oudste stamvader maak, hoewel daar een of twee ander is wat moontlik saam of voor hom gekom het. Behalwe dat Catharina Kienst op 10/4/1682 met Willem Meyer hertrou het en in of na 1690 vir 'n derde keer met die Hugenoot Marthinus Poussio(e)n (oor hom is weinig bekend), weet ons regtig bitter min. Kennelik moes sy voor of omstreeks 1670-1671 na die Kaap gekom het, maar hoekom, watter skip, wanneer, wie was haar ouers ens ens! Ek stel ook uiteraard baie belang in gegewens oor Poussion.Ek het reeds oor haar naslaanwerk in Den Haag, Nederland, gedoen, maar tot dusver met min sukses. My volgende mikpunt is Middelburg of Veere, maar dit sal eers moet wag! Navorsing gaan egter voort en as Lyslede kan help sal ek dankbaar wees.
Groete
Jan Visagie
|