| Name | Hester Elsie Susanna (Hettie of Koekie) SCHEEPERS | |
| Born | 22 Oct 1936 | |
| Gender | Female | |
| Person ID | i48 | LC Joubert | Hester Elsie Susanna (Hettie of Koekie) SCHEEPERS |
| Last Modified | 9 Feb 2010 | |
| Father | Frederick Coenraad (Fritz) SCHEEPERS, b. 14 Dec 1903, Verkyk, Volksurst | |
| Mother | Susanna Maria Magdalena (Sannie) JOUBERT, b. 12 Oct 1914, d. 9 Aug 1988 (Age 73 years) | |
| Married | 31 Jul 1933 | Volksrust |
| Family ID | F9 | Group Sheet | Family Chart |
| Family 1 | Johannes Christiaan KOTZE | |
| Married | 22 Oct 1955 | |
| Last Modified | 21 Feb 2019 | |
| Family ID | F24 | Group Sheet | Family Chart |
| Family 2 | Walter Vincent (Vince) WETHERILL, b. 11 Jul 1933 (Age 93 years) | |||||
| Married | 16 May 1964 | Newcastle |
||||
| Children |
|
|||||
| Last Modified | 21 Feb 2019 | |||||
| Family ID | F25 | Group Sheet | Family Chart | ||||
| Histories | JOUBERT - SCHEEPERS - WETHERILL Liewe Valie, Susanna Maria Magdelena Joubert is op 12 de Oktober 1914 gebore op Vlakpoort. Die 31ste Julie 1933 tree sy in die huiwelik met Frederick Coenraad Scheepers gebore 14 des.1903. Hy is ook te Vlakpoort gebore. Hulle is op Volksrust getroud. Uit hierdie huwelik is drie kinders gebore, naamlik: Hester Elsie Susanna 22-10-1936 te Volksrust. Chrisroffel Nicolaas Gehardus 03-11-1940 te Newcastle. Paul Joshua op 08-04-1951 ook te Newcastle. Fritz en Sannie het te Verkyk geboer, maar het later na Newcastle verhuis waar hulle op die plot "Studley" klein geboer het. Fritz het by Talmage [Hardeware Winkel] vir 'n geruime tyd gewerk. Later van tyd het hulle 'n plot in Jooste weg gekoop, en Fritz het by die Paaie Dept. aangesluit waar hy gewerk het tot sy afsterwe op 29-08-1969. Hettie of "Koekie" soos sy by die familie bekent is, is op 22-10-1955 met Johannes Christiaan Kotze getroud, maar is 7 jaar later geskei. Sy ontmoet toe vir Walter Vincent Wetherill. Hy is die enigste kind van Thomas Walter en Dorothy Wetherill. Hettie en Vince is op die 16de Mei 1964 op Newcastle getroud, en hulle het 2 kinders gehad. Mark Sean gebore 25-06-1967 en Natasha Madelena gebore 21-07-1969. Vince soos hy maar oral bekend is is 'n baie intersante persoon. Sy vader was 63 jaar jonk toe Vince gebore is en het hom baie, baie geleer en bederf. Sy pa het op 12 jaar ouderdom van die huis af weg geloop, en by transport ryers aangesluit op die ou roete vanaf Lourenso Marques na die goud velde van die Oos Transvaal. Op 16 jaar het hy sy eie span osse en wa gehad. Hy was 'n persoonlike vriend van Sir Percy Fitzpatrick skrywer van die boek Jock of the Bushveld. Sy vader het toe later plase gekoop, onder ander die bekende Mac-Mac waar die Mac-Mac Falls geleë is. Die plase het hy met Denne en Bloekom bome geplant, en is later deur die regering gekoop. Dit is so te sê die begin van die bosbou bedryf in die Transvaal. Sy pa het terselfde tyd 'n klein hoewe tussen Pilgrims rus en Graskop besit waar Vince op 11-07- 1933 gebore is. Hy het ook 'n klein goud myntjie "Glyns Lydenburg" net buite Sabie gehad wat hy verkoop het toe Vince gebore is. Hy is op 10-03 1943 oorlede en is op Graskop te ruste gelê. Sy moeder is van Frans-Italiaans afkoms. Haar vader was 'n klipmesselaar, en het al die bruê in die Lydenburg distrik gebou, as ook die klip kerke op Lydenburg en Middelburg. Na Vince se pa se afsterwe trou sy met 'n Italianer Dr Bruno Folli. Hy het 'n steen en teel fabriek te Lawley begin en het uitgebrei na Duitsland en Suid Amerika. Sy teëls kan die hele land vol gevind word, selfs die Johannesburg se lughawe is van sy teëls gekleë. National Ceramics is toe verkoop en staan nou bekend as Italtile. Vince was 'n grootwildjagter soos sy eie vader hom geleer het. Kry hom om die kampvuur en hoor van sy ervaringe. Hy het sy seun Sean nou 35jaar oud op verskei jagtogte geneem. Sean het sy eerste rooibok geskiet toe hy net 8 jaar oud was. Ma belowe hom toe as hy 'n koedoe skiet sy die kop sal laat monteer en vir hom 'n geweer as geskenk sal gee, 11/2 uur later gebeur dit toe en sy moes opdok. Hulle kleinseun Kyle gebore 06-08-1992 volg baie vinnig in sy oupa se voetspore met jag en visvang Hy vegesel sy oupa elke saterdag gedurende die jag seisoen om op plase in die distrik bosbokke en duikers te jag. As oupa 'n blaas kans het vang hulle vis. Die enigste kleindogter Courtney hou net van see- swem en dans. Sy was amper haar Go-Go (soos Hetty bekend is by haar kleinkinders) se verjaarsdag geskenk, sy is op die 23-10 1997 gebore. Haar ma Shelley is op die 24ste gebore. Sean was in die polisie na matriek waar hy in veiligheid was, hy het 'n belowende toekoms gehad maar na hy in 'n skietvoorval gewond was het hy besluit dit nie die moeite werd is nie. Nou is hy in die privaat sektor. Hulle dogter Natasha of Tasha soos al om bekend het na matriek besluit sy wil in die Hotelwese haar loopbaan maak - wat sy toe baie suksesvol hanteer. Sy het so pas die prys vir die beste "Catering Manager" vir die jaar vir hulle firma verower asook vir die hoogs higien en boekhouding vir Natal vir 2002. Sy het 'n pragtige ou seuntjie van 3 jaar Calvin, Maar ongelukkig kon sy nie dieselfde sukses van haar huwelik maak nie en is nou geskei. Christofel of Boet is met Iola Joubert getroud en hulle het 3 dogters en 7 kleinkinders. Hy besit 'n ingenieursbesigheid op Newcastle. Paul is met Sandra van Rensburg getroud en hulle het 2 kinders, Melenie en Paul Joshua. Hy het 'n eiendomsagentskap op Newcastle. Baie liefde, Vince en Hetty |