| Notes |
- Alternative date 1665
Raised by maternal grandfather.
Van Mauritius.
Dina was the illegitimate daughter of her father Ockert and his bosses wife Maria Visser. This occured while her husband was serving a sentence on Robin Island
!BIRTH-MAR:Hendrik Jooste Registers;Brits
TROU:De Villiers Pama;Bls 105 A
Dina was the illegitimate daughter of Cornelis Olivier with Maria Jansz Visser. Cornelis worked for Maria and her husband Willem Willemse. Dina and her brother Cornelis were brought up by her grandfather Jan Coenraad Visser.
Her father was banished to Batavia and she and her brother were then raised by her grandfather Jan Coenraad Visser, while their biological father Ockert Olivier was responsible for their upkeep. The mother of Ockert Olivier's wife, Aletta (Tryntje Gansevanger) excluded them both from her will, although she did provide for her other grandchildren.
(Research): Ockert Cornelisz OLIVIER is gebore Ouwerkerk, distrik Duiveland, in die provinsie Zeeland. Hy land aan die Kaap in 1671 en werk as 'n kneg vir Willem Willemsz: van Deventer.
Willem Willemsz het in 1672 'n Hottentot doodgemaak. Na die voorval vlug hy op 'n Deense skip na Nederland, maar keer later weer na die Kaap terug. As straf word hy na Robbeneiland gestuur. Terwyl Willem Willemsz: van Deventer weg was, het Olivier twee kinders by Willem Willemsz se vrou, Maria Jansz Visser, gehad.
Maria Jansz VISSER, dogter van Jan Coenraad Visser, is ongeveer in 1650 gebore. Toe Willem Willemsz in September 1675 weer in Kaapstad land en vind dat sy vrou twee kinders by Olivier gehad het, het hy haar van "lichtvaardige gedrag" aangekla. Hierdie hofsaak het die gevoelens en gemoedere van die egpaar so opgejaag, dat hulle in 1676 op twee aparte skepe na Batavia verban is. Voor die skepe vertrek het, het Maria en Willem weer versoen geraak, en kon hulle hulle seereis na Batavia op dieselfde skip meemaak.
Olivier trou op 5 Feb 1679 met Aletta VERWEY, gebore in Woerden, Nederland. Aletta Verwey se ouers was Gysbert Verwey en Catharina Ganzevanger.
Heelwat later, op 14 Feb 1692, word Olivier vir die onwettige verkoop van drank aangekla. Die Kaapse owerheid het streng teen hierdie tipe oortredings opgetree en vir Olivier met 'n 1000 Gulden beboet.
Ockert Olivier en Maria Visser se twee buite-egtelike kinders, Dina en Cornelis, is tussen 1672 en 1675 gebore. Die kinders is deur Maria se vader, Jan Coenraad Visser, versorg en opgevoed. Hierdie twee kinders se name word nie in Aletta Verwey se testament, of diƩ van haar moeder, Tryntje (Catharina) Gansevanger, se testament genoem nie, hoewel Gansevanger in haar testament vir "haar kleinkinders" voorsiening gemaak het.
BUITE-EGTELIKE KINDERS TUSSEN OCKERT OLIVIER EN MARIA VISSER:(Jy kan dit maar by die naam noem!!!)
1. Dina * 1672/73, X Hans Jacobus Brits
2. Cornelis * 1674/75, X 22 Nov 1699 Anna van Weij
|