| Notes |
- Neelie groei op as plaas nooientjie op die plaas Rietfontein distrik Delmas.Na skool werk sy op Sappi waar sy en Willa dan ook ontmoet.
Neelie was 'n geliefde persoon met almal wat sy mee in aanraking gekom het.
Sy was vir ongeveer dertig jaar werksaam by Noddy kleuterskool as 'n kleuterskool onderwyseres waar sy ook haar merk in die samelewing van Springs gemaak het.
Op 17 Apr 2005 kry sy'n beroerte wat sy met baie gebede, liefde en ondersteuning oorkom het. Sy het so goed herstel dat sy weer kon begin werk het.
Sedert die beroerte wat sy gehad het, het die dokters knaend gesoek na 'n moontlike oorsaak van bloedverlies. Die 26 Junie 2007 word sy opgeneem vir bloeding van die dunderm en sterf dan ook agv komplikasies.
|