| Notes |
- Was a French refugee, widower, who arrived at the Cape from "Calabria", Italy in 1700. He later established himself on his farm Langefontein between De Kuylen and the Tygerberg.
He was presumably brother to Catharina Maree. In 1707 he received permission from governor van der Stel to settle in Drakenstein and in 1714 the farm "Langefontein" [Long Fountain] near to Elsieskraal in the Tygerberg was granted to him.
Came from Calabria, Italy or Cambresis. Arrived in 1705 and settled at De Lange Fonteijn, Drakenstein.
Huguenots who came to the Cape Huguenot Memorial Museum, Franchhoek
du Plooy.paf: Ignatius Maree ook genoem: Ignatius Marre verw: a, beroep: Veeboer, trou Susanna Janse van Vuuren. Ignace, soos hy ook genoem is, het waarskynlik (daar is heelwat meningsverskille oor sy herkoms) in 1705 (sy eerste opgaafrol dateer uit die jare 1704-1705) van Calabria (Suid- Italië) na Suid-Afrika geseil. Hy het moontlik in Italië gewoon, aangesien een van sy dogters Magdalena Fenesie gedoop is. Hy was toe 'n wewenaar met twee dogters, maar die name van sy vrou en een van die dogters ontbreek. Ignace was 'n veeboer. Hy het vanaf 1707 weiregte o. a. in "De groene Kloof" (Weskus, naby Mamre) en "aan del Langefontein, Elsjeskraal aan de Tygerberg" gehad. Lg. is aan hom toegestaan op 14 Okt 1714. Dit is aan Theunis van Aardt verkoop in 1733. Ignace het St. Omar in Daljosafat in 1723 uit Armand Veron se boedel gekoop. Hierdie plaas is in 1750 deur sy weduwee aan Jan Oberholtster verkoop. Dit is interessant dat Ignace Simon van der Stel se teen-petisie ondersteun het wat hom die gramskap van sy aangetroude familie en mede-landgenote moes gebring het. Dalk was dit 'n politieke besluit, want hy was afhanklik van die owerhede vir sy weiregte!
Arrived as fugitive from Calabrie, Italy and was a widower. In 1707 he received permission from Govenor W.A. van der Stel to settle in Drakenstein.
Sien Familia 1984 No 4 vir wenke ivm Maré-navorsing deur Bleibaum.
Ignace was die stamvader (a1) van die Maré en Maree families. Daar was verskeie wisselvorme van hierdie familienaam in die vroeë 1700s, as 'n voorbeeld kan mens sy eie handtekening neem, waar hy sy van glad Marre spel.
Daar is heelwat meningsverskil rondom die herkoms van die stamvader. Hy was volgens onbevestigde bronne 'n tweede seun van ene Paul Maré. Hy word as 'n Hugenoot beskou deur party bronne (Cor Pama verwys na hom as 'n Franse vlugteling).
In Pieter Coertzen se boek Die Hugenote van Suid-Afrika word hy wel aangegee, maar met die opmerking dat sommige navorsers twyfel of hy wel 'n Hugenoot was. Hy was vermoedelik afkomstig uit Calabrië in Italië (Pieter Coertzen noem ook Cambresis in Duitsland as 'n moontlikheid).
Sy eerste opgaafrol in die Kaap dateer uit die jare 1704-1705, wat beteken dat hy in dié jare al aan die Kaap was - hy het dus nie in 1706 gearriveer soos wat verskeie bronne beweer nie. Met sy aankoms in die Kaap was hy reeds 'n wewenaar met twee dogters en 'n seun, maar die name van sy eerste vrou en een van die dogters ontbreek. Met sy troue op 7 Feb 1706 met Susanna van Vuuren verklaar hy dat hy 'n wewenaar van Calabria in Italië is. Hy het heel moontlik 'n tyd lank in Italië gewoon, omdat hy later sy een dogter Magdalena Fenesië genoem het.
In 1707 kry hy toestemming van die Goewerneur van der Stel om hom in Drakenstein te vestig.Volgens die opgaafrol van 1712 het hy toe 2 seuns en 2 dogters gehad.
Hy het die volgende leningsplase gehad:
* De groene Kloof
* Langefontein
* Elsjeskraal "aan de Tygerberg"
Hy word die eienaar van Elsjieskraal op 14 Oktober 1714. Hierdie plaas verkoop hy in 1733 aan Theunis van Aardt. Ignace koop toe St. Omar in Daljosafat in 1723 van die boedel van Armand Veron.
Sy kind uit sy eerste huwelik was:
b1. Catharina x 29 October 1713 Gerrit van Vuuren
Sy kinders by Susanna van Vuuren was:
b2. Johannes ~ 24 Sep 1708 + Drakenstein 1761 x Sara Delport
b3. Anna Elizabeth ~ 4 Jan 1711 x 21 Des 1727 Pieter Delport
b4. Susanna ~ 8 Okt 1713 x 13 Jun 1713 Jacob Delportb5. Lucas Marthinus ~ 12 Jul 1716, burger Drakenstein, x 17 Sep 1741 Maria Jordaan
b6. Francina ~ 27 Nov 1718 x Pieter du Plessis
b7. Maria ~ 5 Jul 1721 x Nicolaas van Rensburg
b8. Paulus Ignatius ~ 27 Aug 1724
b9. Magdalena Fenesie ~ 15 Sep 1726 x Pieter de Wetb10. Ignatius ~ 14 Aug 1729, burger Drakenstein, x Margaretha Roux xx 16 Jul 1775 Claudina du Toit xxx 19 Feb 1786 Anna Dorothea Pretorius, weduwee van David du Buisson
Bronne:
1. Cor Pama: Die Groot Afrikaanse Familienaamboek
2. De Villiers/Pama
2. Heese/Lombard
3. Stamouers Web
4. Danie Viljoen se webblad
Tweede Seun
Daar is heelwat meningsverskil oor die herkoms van Ignace MARÉ, die stamvader van die familie MARÉ in Suid Afrika. Graham Botha het hom as 'n Franse vlugteling beskou. Sy eerste opgaafrol dateer egter uit die jare 1704-1705. Dit beteken dat hy in die jare aan die Kaap gekom het. Hy was toe 'n wewenaar met twee dogters , maar die name van sy vrou en een van die dogters ontbreek. Hy trou die twede keer in Kaapstad op 7.2.1706 met Susanna VAN VUUREN dogter van Gerrit van VUUREN en Susanna JACOBS. By die geleentheid verklaar hy dat hy 'n wewenaar van Calabria in Italië is. Volgens die opgraafrol van 1712 het Ignace Maré en Susanna Van VUUREN toe twee seuns en twee dogters gehad.
|