| Notes |
- Sy was die dogter van Adriaan Dirk VAN ECK, gebore c.1680 in Amsterdam, Holland en Johanna HAESTER (of KOESTER), gebore c.1683 in Leiden, Holland. Hulle is in 1691 getroud ; Johanna Koester was die weduwee van Thomas Monk.
Hulle het vyf kinders gehad: behalwe Jannetje was daar Marijtje, wat met 'n Van der Pijl getroud is, Dirk, Willem en Johan.
Jannetje was die tweede kind. Sy is 1720 met Jan Steenkamp getroud.
Nadat Jan Steenkamp in 1744 oorlede is, het Jannetje van Eck op 2 April 1747 met John Heinrich Teutmann getrou. Die egpaar is albei saam met hulle dogter Anna gedurende 1772 aan die grens van die Roggeveld deur Boesmans vermoor. Dis nie bekend of Jannetje en Teutmann kinders gehad het nie.
http://www.steenkamp.netfirms.com/jan.htm
|