Fotos: Elsie Joubert – Koekversierings
Een van Elsie se tydverdrywe en stokperdjies was koekversiering en as gevolg was sy later vir verskeie familielede se troukoeke, en ook ander funksies se koeke verantwoordelik.
Dit was ‘n baie tydrowende proses wat baie konsentrasie en geduld geverg het om die delikate en fyn versiersuiker blaartjies, blomme en honderde patroontjies te maak en aan te bring.
Ons as kinders onthou die vervoer van die koeke spesifiek baie goed want as gevolg van die delikate aard van die fyn versierings en die belangrikheid van die gebeurtenis, was daar baie angstigheid en moes die koeke soos goud behandel word. Die vervoer van die koeke na, en vanĀ die motor en die onthaal areas was dus spanningsvol en ons kon almal eers ontspan wanneer die koeke hul belangrike plekke veilig en in een stuk ingeneem het.

| Elsie Joubert - Koekversierings |