Tydlyn: Joubert / Stoop
Posted by Loutjie Joubert Jnr | Aug 20, 2026 | Tydlyn
+-1665
La Motte D’Aigues, Provence, Frankryk
Geboorte
Pierre Jaubert. Sy ouers is Jacques Jaubert en Françoise Rambert. Sy oupa is Pierre Jaubert en sy ouma Jehanne Goirand.
1685

Geskiedenis en Konteks
Herroeping van die Edik van Nantes.
In 1598 vaardig koning Hendrik IV die Edik van Nantes uit wat protestante volle geloofsvryheid en gelyke regte met katolieke gegee het. Lodewyk XIV het die vervolging van die protestante hervat. Hy het die “onherroeplike” Edik van Nantes herroep in 1685 en het Protestantisme onwettig verklaar met die Edik van Fontainebleau. Hierna het baie hugenote na omliggende protestante lande gevlug.
.
+-1685
Rotterdam
Vlugteling
Pierre Jaubert’s en sy neef met dieselfde name vlug eers na Genève en daarna na Zurich in Switserland. Daarvandaan is hulle na Frankfurt-am-Main en toe al langs die Ryn-en Maasriviere af totdat hy in Desember 1687 in Rotterdam aangekom het.
1688
Rotterdam
Na die Kaap
Pierre Jaubert vertrek op 20ste Maart met die skip “Berg China” na Suid-Afrika. Sy neef Pierrie is op 1.2.1688 in Brielle, Nederland met Susanne Reyne getroud en hulle vaar met die “Mount Sion” na Amerika waar hy oorlede is.
1688
Ter Seë
Huwelik
Pierre Jaubert word deur die kaptein in die huwelik bevestig met Isabeau Richard wie se eggenoot Pierre Mallan ter seë oorlede is.
1688
Kaap de Goede Hoop
Aankoms
Op 4 Augustus 1688 gooi die Berg China in Tafelbaai anker.
1694
Franschhoek
Grondbesitter
Op 7 Augustus 1694 ontvang hy ‘n plaas by Olifantshoek (die huidige Franschhoek) in die distrik van Drakenstein in eiendom van die Kompanjie. Hy het die plaas La Provence genoem, in herinnering aan sy provinsie van herkoms in Frankryk.
Hy het blykbaar ‘n onversadigbare drang gehad om plase te koop. Hy was die Hugenoot wat die meeste plase besit het en was ook ‘n vooruitstrewende boer, maar dit is onseker of hy finansieël ryk was.
+-1689
Geboorte
Sy seun Josue, die eerste van elf kinders, word gebore.
+-1704
Geboorte
Gideon Joubert, sy 8ste kind word gebore. Hy boer op Bartholomeusklip in vandag se Wellington area. Hy is in 1727 voorgestel as diaken van die Drakensteinse gemeente en hy trou te Stellenbosch op 25.2.1725 met Margaretha DE VILLIERS.
1730
Drakenstein
Geboorte
Sy derde kind Gideon word gebore. Hy trou met Hester du Toit en na haar dood met Martha Maria MOLLER.
1781
Tulbagh
Geboorte
Johannes Stephanus JOUBERT is gebore. Hy trou met Anna Margaretha JORDAAN.
1809
Swellendam
Geboorte
Johannes Stephanus JOUBERT is gebore. Hy trou met Magdalena Margaretha UYS.
1847
Bruintjiesrivier
Geboorte
Paul Josua is gebore. Hy trou met Susanna Maria (Magdalena) KOCH.
1899-1902

Geskiedenis en Konteks
Anglo-Boere Oorlog
1908
Wakkerstroom
Geboorte
Paul Jozua is gebore. Hy trou met Hester Elsie Susanna COETZER.
Paul Jozua is gebore. Hy trou met Hester Elsie Susanna COETZER.
1929-1934

Geskiedenis en Konteks
Dit is depressie jare en werk is skaars, salarisse min en kos duur.
In hierdie omstandighede moes Ouma Miemie wat maar 19 jaar was en Oupa Cor vir twee kinders sorg.
1932
Sterfte
Lodewyk Christiaan was ses maande toe sy pa Paul Jozua, wat op daardie stadium bedlênde, was oorlede is.
1933
Sterfte
Lodewyk Christiaan was ses maande toe sy pa Paul Jozua, wat op daardie stadium bedlênde, was oorlede is.
1933

Huwelik
Die weduwee Hester Elsie Susanna COETZER trou met die wewenaar Leenderd Gerhadus STOOP wie se vrou Catarina Magdalena STRUWIG oorlede is.
1935
Geboorte
Hulle enigste kind en dogter word gebore en wat volgens tradisie haar oupa se name Albertus Abraham kry, maar van toe af meer sagkuns bekend staan as “Bertie”. Sy trou later met Jacobus Petrus (Koos) THEUNISSEN.
Share: