Die Vader van die Afrikanerbees
Joseph Albertus Du Plessis staan landswyd bekend as “Rooi Joseph” en “Die Vader van die Afrikanerbees” vir sy rol in die rasvastelling van die Afrikanerbeesras. Dot Serfontein skryf in haar boek “Amper my mense” oor hom as “Die Profeet van Rietfontein”.
Sy oupa Joseph Albertus Du Plessis was ‘n getuie by Willem Schalk Du Plessis en sy 2de vrou Johanna Catharina Beatrix Olivier, se dogter, Anna Johanna Catharina Du Plessis, se doop in 1840.
Die Erfenisdam naby Winburg is later op sy plaas Rietfontein gebou nadat dit aan die staat verkoop is.
Fotos - Joseph Albertus Du Plessis