Select Page

Stambome

Die Begin

Die basis van die familie-navorsing is geskep met die opstel van ‘n gedenkblad deur Lodewyk Christiaan JOUBERT (Boetie/Valie) (gebore 11.03.1932), tydens die JOUBERT/STOOP Familiesaamtrek in 2003 gehou te Laerskool Voortrekker Eeufees.

Die stamboom in Familiebande het dus begin by Lodewyk Christiaan JOUBERT en Elsie Aletta Cecilia DU PLESSIS, en van hier is teruggewerk en uitgebrei na die verwante families aan moederskante naamlik COETZER, LEONARD, MEINTJES, GRIEZEL, KOCH, UYS, LABUSCHAGNE en DIEDERICKS asook aangetroude families soos onder andere SANDOW, STOOP en BROOKS.

Huidiglik bestaan die stamboom uit meer as 340 unieke en verwante families en is natuurlik nie volledig nie, maar hopelik sal Familiebande ‘n platform word waardeur individue bereik kan word wat hulle deel van die legkaart sal kan verskaf.

Die stamvaders se oorsprong

Die stamvaders kom van uiteenlopende agtergronde. Die stamvaders van die DU PLESSIS en JOUBERT(Eintlik JAUBERT) families was byvoorbeeld albei Franse Hugenote, terwyl die LEONARD stamvader ‘n 1820 britse soldaat en setlaar van Ierse afkoms was. Die Grootschel of Griesel en later Griezel stamvader was weer van Deense afkoms. Al die stamvaders het egter een ding in gemeen gehad – hulle het na Suid-Afrika gekom opsoek na vryheid en ‘n beter toekoms. (Grafika: Die Hugenote Wapen)

Die stambome

Kliek hier, of op die voorbeeld hieronder van ‘n deel van die stamboom, om na die stamboom-afdeling te gaan.

  • In die stamboom-afdeling is families ondermeer alfabeties gelys en kan so verken word, of die “search” skakel bo-aan die bladsy kan gebruik word om persone volgens van en naam te soek.
  • Kyk ook uit vir die “ancestors” en “descendants” skakels waarmee verwantskappe op grafiese wyse soos hieronder uitgebeeld kan word.
  • Met die “relationship” skakel kan twee persone gekies word en die verwantskap tussen die persone, indien enige bestaan, sal dan verduidelik word.