Select Page

Dassieklip (RSA)

Dassieklip (RSA)

Agtergrond

Dassieklip was die plaas van Willem Schalk Du Plessis en Cecilia Johanna LABUSCHAGNE, asook Jan en Ellie Leonard en die van sy vader Edward Johannes Leonard.

Ouma Miemie Du Plessis (Nee. LEONARD) en Tanna Sannatjie SANDOW (Nee. LEONARD) het onder andere ook hier groot geword.

Oupa Cor het vir die Spoorweë op Sandspruit Stasie, wat langs Dassieklip geleë is gewerk en het by Jan Leonard-hulle geloseer en sodoende vir Ouma Miemie ontmoet. 

Ander dele van Dassieklip is byvoorbeeld deur die Kleynsmits bewoon.

Fort Opperman is op ‘n koppie op die aanliggende plaas Oppermanskraal geleë en kon voorheen van Dassieklip gesien word.

Ligging Plaas: Dassieklip
GPS: -27.286199, 29.777065