Sinkend en Singend
Oom Martiens Boshoff was ‘n vriend van Ouma Miemie wie se verloofde by Ouma Miemie geloseer het. Hy het per geleentheid die roerende verhaal vertel van sy ervaring op ‘n oorlogskip in die middellandse see. Dit het nag geraak en orals rondom hulle het skepe gebrand en gesink.
In die donkerte het die mans uit wanhoop en geloof die lied “Nader my God aan U” begin sing.
Die stemme wat die lied oor die donker see uitgedra het, het hom altyd by gebly. Hy het blykbaar net hierdie een keer daarvan vertel en nooit weer nie