Matibi (Rhodesië)
| Agtergrond: |
Willem Schalk Du Plessis en Barbara Meintjies het van Vaalkop, Zeerust omgewing, Groot Marico, Rhodesië toe getrek en hier geboer, voor hy later na haar dood na Dassieklip in Volksrust getrek.
Barbara Christina se sterftedokumente uit Rhodesië wys dat sy op Champions Block, Bulawayo, oorlede is en op die plaas genaamd “Matibi” in die Matobo” omgewing gewoon het. Dit dui ook aan dat Willem Schalk na haar dood op die D’Hoop plaas in die naburige Figtree omgewing woonagtig was.
Cecil John Rhodes se graf is dan ook interessant genoeg ook in Matobo randjies geleë. Die tog om hom hier te ruste te lê is ‘n interessant verhaal op sy eie en is die die moeite werd om verder oor te gaan lees.
| Geskatte ligging van plaas Matibi (Matobo omgewing)GPS: -20.7691389, 28.341099999999997 |