In Memoriam: Cornelius Johannes, Duppie DU PLESSIS (13 Mei 2005)
Oom Duppie het vir glaxo gewerk van 1977 – 1982.
Toe het hy vir die Departement van vervoer gewerk van1982 tot hy oorlede is op 10 Junie 2005.
Die laaste paar jaar was hy die kantoorhoof in die Oos Rand.
Oom Duppie het op die kerkraad van die NG Kerk Germiston-Suid gedien van ek hom ken 1975 – omtrent 1992. Sy groot liefde was om mense te help. Hy was bemind by almal omdat hy graag mense gehelp het met watter probleem hulle ookal gehad het. Sy sagte geaardheid was sy beste eienskap.
Hy was ‘n amazing pa wat altyd daar vir sy twee kinders was. Hulle het ‘n ongelooflike mooi herinnering van hom. Hy het gesterf van breinkanker.Anita Du Plessis (Nee. Swanepoel)
