Select Page

La Motte (RSA)

La Motte (RSA)
Agtergrond:

Een van Pierre Jaubert, stamvader van die Jouberts in Suid-Afrika (A1) se plase geleë in Franchhoek en vernoem na sy geboortedorp La Motte D’Aigues in Frankryk. 

Hy het van sy geboortedorp na Nederland gevlug vanwaar hy met die skip “China” na die Kaap gereis het. 
Daar is voorheen gereken dat hy met Susanne Reyne de la Roque getroud was en aantuigings is gemaak dat hy haar voor die reis verlaat het, of dat sy op die skip oorlede is, want met sy aankoms in die Kaap is Isabeau Richarde as sy vrou aangedui. Isabeau was met Pierre Malan getroud en hy moes dus ook tydens die reis op die skip gesterf het waarna die Kaptein die Pierre en Isabeau in die huwelik bevestig het.  Navorsing deur Kenneth Joubert dui egter op ‘n interessante en alternatiewe verklaring aangesien Pierre klaarblyklik ‘n neef met dieselfde naam gehad het en wat volgends skeepsrekords saam met Susanne op 1 February 1688 van Rotterdam na Amerika op die skip “Mount Sion”  vertrek het,  en teen 03 July 1688 daar gearriveer het. Sy neef Pierre is op ‘n onbekende datum na 1721 in New Castle City, Delaware oorlede. 

Pierre was dus ‘n vrygesel en ongetroud toe hy na Isabeau se man se dood met haar getroud is en die bewering dat hy Susanne verlaat het en alleen agter gelaat het is dus in alle waarskynlikheid onwaar.

La Motte
GPS: -33.880341, 19.071991