Roodekop (RSA)
| Agtergrond: |
Roodekop was die plaas van ons oupa-grootjie Paul Josua Joubert (a1b8c3d8e3f7) in Volksrust, Transvaal en hy is ook hier oorlede.
Hy is oorspronklik van die plaas Bruintjiesrivier naby Swellendam in die Kaap Kolonie en verhuis hierheen moontlik as gevolg van die terugslae wat Swellendam rondom 1865 getref het.
Die presiese ligging van Roodekop is nie bekend nie maar volgens sy doodsertifikaat was dit geleƫ in Wyk III van Wakkerstroom.