Freda LINDE (Nee. JOUBERT)
Freda Linde skryf in haar boek “Terug na die Mimosas” onder andere oor haar kinderjare op die familieplaas Bruintjiesrivier – die gedeelte wat hernoem is en vandag as “Jouberstdal” bekend staan, en gee ‘n insiggewende blik op haar ervaringe, die omgewing en die lewe op die plaas. ‘n Verdere vertelling kan gevind word in haar artikel “Bruintjiesrivier — Toe en Nou” in “Die Tydskrif vir Letterkunde 11:3 (1973)”.
Volgens die stamboom was ons oupa-grootjie, Paul Josua JOUBERT en haar oupa-grootjie, Gideon Jacobus JOUBERT, broers. Haar ouma-grootjie Christoffera Frederika Johanna KOCH was ook die suster van ons ouma-grootjie Susanna Maria (Magdalena) KOCH. Hulle het op verkillende dele van Bruintjiesrivier gewoon, met Paul Josua wat aan die gedeelte wes van die R60 pad tussen Ashton en Swellendam woonagtig was. Aangesien ons min inligting beskik oor ons Swellendamse Joubert-familie het ons het in 2013 sonder sukses met Freda Linde probeer kontak maak, in die tehuis in Kaapstad waar sy toe gewoon het, om meer inligting rondom ons vertakking van die Joubert-familie te probeer bekom maar vermoed weens haar gevorderde ouderdom (90 jaar) was dit nie vir haar moontlik om op ons briefwisseling te reageer nie. Gelukkig gee haar boek darem biejie insig in die verwante familie en lewe by Bruintjiesrivier en die Middelrivier omgewing. Hans Linde van die Lindebond het ons ook goedhartiglik van waardevolle inligting voorsien.
Freda was die bekende skryfster (d. 07 Mrt 2013) wat reeds op heel jeugdige ouderdom begin skryf het. Sy het in Worcester en Kaapstad skoolgegaan. Sy tree op as redaktrise van Die Huisvrou en later as redaktrise vir twee welbekende uitgewers. Sedert 1971 lewer sy werk as vryskutskryfster. Sedert 1964 het sy sewe toekennings vir haar kinderboeke ontvang. Haar bekendste boek is “Die singende gras” waarvoor sy die Scheepersprys en die JH Hofmeyrprys ontvang het. Sy woon in Kaapstad en het in haar loopbaan twee bundels essays en minstens agtien kinder- en jeugboeke die lig laat sien.
(BRON: lindebond.co.za)

Diagram van verwantskap met:
Christovira Frederika (Freda) LINDE is the 2x cousin of Lodewyk Christiaan JOUBERT
| Stamboom Data |