LABUSCHAGNE, Susanna Gertruida

| Gebore: | 3 Sep 1860 |
| Oorlede: | 9 Sep 1929 |
| Eggenoot: | Edward Johannes LEONARD, asook Johannes Stefanus Cornelius BOTHA |
In 1902 stel sy ‘n eis vir oorlogkompensasie in. In haar eis noem sy dat sy op daardie stadium in die burger/konsentrasiekamp in Volksrust is.
Haar moeder Anna Elizabeth Magdalena Johanna HATTINGH is in 1902 in die Merebank Konsentrasiekamp oorlede.
Twee van haar broers is gevange geneem en na Bermuda gestuur.
Sy het klaarblyklik ‘n groot vrees vir slange gehad en haar skoonseun, Daniel Stephanus Petrus COETZER (Stefaans), kon dalk ‘n groot bydrae hierin gehad het.
Hy was blykbaar ‘n slangbesweerder (“Snake charmer”) en kon ‘n slang hipnotiseer deur in sirkels om die slang te beweeg. Hy het dan die gehipnotiseerde/dronk slang opgetel en ‘n ongelukkige slagoffer gevind te treiter, soos hy dan ook met Susanna gemaak het.