Select Page

Volksrust (RSA)

Volksrust (RSA)
Agtergrond:

Ons Joubert-familie het vir baie jare in die Swellendam omgewing gewoon, maar trek later van Swellendam na die binneland en vestig onder andere in Wakkerstroom en Volksrust.

Wat het daartoe aanleiding gegee? Daar kan nie met sekerheid gesê word nie, maar dit is heel waarskynlik aangehelp deur Swellendam se agteruitgang vanaf 1860 as gevolg van ‘n uitgerekte droogte, ‘n vernietigende brand en die insinking van die eens magtige Barry-broers se besigheidsryk.

Decline
In the 1860s a severe drought caused a slump in agricultural production and put farmers under financial strain; the resultant economic depression badly affected businesses and industries in Swellendam. Barry & Nephews was already struggling and when its trading steamer, the Kadie, ran aground in the mouth of the Breede River at Cape Infanta (see Nos. 114, 115) in November 1865, it was a fatal blow. The firm was declared bankrupt in 1866.
The final disaster was the Great Fire which broke out in May 1865, completely destroying a large portion of the town centre: many houses and businesses, a hotel, the Wesleyan Chapel, the bank and the printing press (which had published the local newspaper) burnt down. Despite relief efforts, Swellendam never recovered its former status and prosperity. The economy stagnated and the population declined. Mossel Bay took over from Port Beaufort as the main port of the Overberg. The vast district previously serviced by the Drostdy was subdivided, and the services that Swellendam had previously provided became available in towns such as Caledon, Riversdale, Heidelberg and Bredasdorp.

(Bron: http://swellendamheritage.org.za/?page_id=4498)

Oorspronklik het die familie op die plaas Verkyk naby Daggakraal stasie buite Volksrust gewoon en geboer, maar verhuis later na die die dorp en woon op die “Rooibult”. Hier sal hulle skoolgaan voor baie van hulle gaande weg hul pad na die Oos-Rand en Pretoria vind. Ander het in Volkrust agter gebly en diep spore getrap en selfs die gade van Volksrust se burgermeester geword.